Atletiekuitslae
Baie dankie aan almal wat gehelp het by die Atletiek verlede week! Baie geluk aan die Oranje span wat ons atletiekwenners van 2019 is en die Blou span wat weggeloop het met die sangbeker. Albert Griesel & Sophia Liebenberg...
Atletiek vind in die eerste en vierde kwartaal plaas. Leerders kry die geleentheid om baie vaardighede te leer en atletiek is ‘n heerlike sport om aan deel te neem. Oefen tye vir atletiek is Maandae en Woensdae vanaf 14:30 tot 16:00. Hierdie oefening vind by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas.
Ons kleure-byeenkoms vind aan die einde van elke jaar plaas. Hier moedig ons massa-deelname aan en almal vanaf Graad R - 7 mag deelneem. Dit is egter nie verpligtend nie. Hier word ons atlete wat die volgende jaar aan interskole byeenkomste deelneem, geïdentifiseer.
TWEEKAMP
Deelnemers neem in twee afdelings deel, nl. swem en hardloop. Hul ouderdom bepaal die afstande waaraan hulle deelneem. Dit werk op ‘n puntesisteem. Die hardloopafdeling oefeninge vind plaas saam met die atletiek: Maandae en Woensdae. Die swemoefening vind by die skool plaas in verskillende oefensessies of by privaatafrigters. Dogters en seuns van alle ouderdomme is welkom om deel te neem. Byeenkomste vind ongeveer een keer 'n maand op Saterdae plaas. Die seisoen begin September en eindig Maart die volgende jaar.
Kleurindeling volgens leerders se vanne:
Baie dankie aan almal wat gehelp het by die Atletiek verlede week! Baie geluk aan die Oranje span wat ons atletiekwenners van 2019 is en die Blou span wat weggeloop het met die sangbeker. Albert Griesel & Sophia Liebenberg...
februarie 2020
oktober 2020
november 2020