Huppelland Riglyne en Toelating

1. Ons verwelkom alle aansoeke!

2. Huppelland streef daarna om alle Suid-Afrikaners wat Afrikaanssprekend is, of Afrikaans omarm, tuis te laat voel. Hoewel die skool se voertaal Afrikaans is, het ons nie vooroordele wat huistaal betref nie. Dit is wel belangrik om te weet dat die onderrigtaal Afrikaans is en derhalwe waar leerders daagliks Afrikaans tuis hoor (hetsy deur een of meer ouers, grootouers of voogde) hulle makliker aanpas en leer in die skool.

3. Huppelland is ‘n privaat, skoolfonds-betalende skool en voornemende ouers moet skriftelik onderneem om die skoolfonds te betaal. Agterstallige skoolfonds t.o.v. bestaande Laerskool Jan van Riebeeck- asook Huppelland-sibbe, sal die aansoek negatief beïnvloed.

4. Ouers en leerders ontmoet met die skoolhoof, departementshoof of ‘n ander afgevaardige personeellid, voordat toelating bevestig kan word.

5. Aansoekvorms moet elektronies gestuur word óf by die Huppellandkantoor ingedien word gedurende die eerste kwartaal van skool in die jaar voordat die kleuter by Huppelland wil aansluit. Ouers sal op 30 April in kennis gestel word van plasings.

6. Klasgroottes word bepaal deur die Beheerliggaam van Laerskool Jan van Riebeeck en kan ‘n invloed hê op die hoeveelheid beskikbare plekke vir nuwe leerders. Sou die hoeveelheid aansoeke wat ons kry beskikbaarheid oorskry, word prioriteit as volg hanteer:

a) Kleuters wat reeds boeties en sussies in Huppelland of by Laerskool Jan van
Riebeeck het.
b) Kleuters wat in die stadskom woonagtig is.

7. Ons aanvaar kleuters in die jaar wat hulle vier word, mits hulle toiletgereed is.

8. Kliek HIER om na die skool se beleide toe te gaan vir die volledige toelatingsbeleid.

Skoolgelde 2021

MAANDELIKS

VOLLE JAAR

3 jr. – 5jr.

R3 486.50 R34 865.00

Gr. R’e

R3 568.70 R35 687.00

Nasorg-voldag tot 17:15 (of gedeelte daarvan)

R955.90 R9 559.00

Nasorg-halfdag tot 14:30 (of gedeelte daarvan)

R478.10 R4 781.00

Indien jy die volle jaar fooi voor einde Februarie betaal, ontvang jy ‘n 5% korting.

Bankbesonderhede

Bank: ABSA
Bankkode: 632005
Rekening nr. 360 490 025
Verwysing: Kleuter se naam & skool
Bewys van betaling: huppelland@jvrprim.co.za