
Aktiwiteite

Konsert
Huppelland bied een konsert aan wat jaarliks in die 4de kwartaal plaasvind. Die konsert lei altyd tot groot geheimhouding, opgewondenheid en pret en is ‘n Huppelland-instelling wat ook uitstekend ondersteun word deur die leerders en ouers van die Laerskool Jan van Riebeeck.

Opvoedkundige Uitstappies
Opvoedkundige uitstappies word kwartaalliks vir kleuters aangebied. In die beplanning van hierdie uitstappies word oorweging geskenk aan die veiligheid van kleuters en toereikende toesig word verskaf, en daarom sal aanbieders dikwels eerder na Huppelland kom as wat ons na hulle gaan. Weens die ligging van die skool word soms gebruik gemaak van die bus en busbestuurder van die Laerskool Jan van Riebeeck. In sulke gevalle sal u ‘n toestemmingsbrief ontvang waarin u versoek word om aan te dui of u instem daartoe dat u kind per bus vervoer word.
Buitemuurse Aktiwiteite

Drama
Maandae (30 minute)
Graad O en OO (3jr – 5jr) tydens skoolure.
Graad R vanaf 13:00

Playball
Woensdae (30 minute)
Graad OO en O (3jr – 5jr) tydens skoolure
Vrydae (30 minute)
Graad R tydens skoolure

Rekenaars
Dinsdae tydens skoolure
Slegs Graad R

RUGBY, KRIEKET EN NETBAL
Donderdae vanaf 12:45
Seisoenaal
Graad R

Tiny Tumblers
Dinsdae (30 minute)
Graad OO – O (3jr – 5jr) tydens skoolure
Graad R vanaf 13:00

Experi-Maatjies
Woensdae (30 minute)
Vanaf 8:30
Slegs Graad R

Kindermusik
Vrydae (30 minute)
GR OO en O (3jr – 5jr) tydens skoolure
Graad R 13:00

Yoga
Woensdae (30 minute)
Vanaf 12:30

Ballet
Donderdae (30 minute)
12:30 – 14:00

Gholf
Vrydae 13:00 (45 minute)
Graad R

RUGBY AKADEMIE
Maandae tydens skoolure
Graad R
