Koffie-en-Beskuit Konsert: Donderdag, 11 Junie 2026
Ons volgende oggendkonsert vind Donderdagoggend, 11 Junie, in die GROOT MUSIEKKLAS plaas. Die volgende leerders tree op: Floris Muller – Klavier Frannie Samuel – Klavier Sebastian Scott – Klavier Elsie Janse van Rensburg – Klavier Emma Wilke – Viool Joshua du Toit – Kitaar Eduard Hoogendyk – Klavier Cornelia Opperman – Blokfluit Mila Maree – Klavier Cara Scholtz – Klavier Francois Maree – Klavier Pierre du Toit – Klavier Izak Steyn – Klavier Emma Kuys – Klavier Daar word ook kunswerke van hierdie leerders uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk. Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die groot musiekklas met hul instrument aan. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie. Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Groot...
