Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 28 April 2026
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 28 April, in die NASORG plaas. Die volgende leerders tree op: Pierre du Toit – Klavier Arjen Faling – Klavier Antjie Samuel – Klavier Jamie Jordaan – Klarinet Ferdi Titley – Klavier Lucy le Roux – Klavier Jenna Erasmus – Dwarsfluit Sebastian Scott – Klavier Daar word ook kunswerke van hierdie leerders in die Nasorg uitgestal, waarna julle gerus voor of na die konsert kan kyk. Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie. Tyd: 08h00 – 08h30 Plek:...
