Kategorie: Koor

Die skool het ’n senior en ’n junior koor wat onder leiding van Ben Reynecke en Rolene van Zyl staan.

Oudisies vind aan die begin van elke jaar in skooltyd plaas. Optredes is gewoonlik op aanvraag tydens ’n erediens, by koorfeeste en by skoolgeleenthede.

Oefentye vir die Junior en Senior koor is tydens skooltyd.

Koornuus

Jiřičky Jeugkoor van Praag deel ‘n verhoog met JvR Kore

Ons nooi almal hartlik uit na ‘n besonderse koorkonsert op Woensdag, 2 September, waar ons Junior- en Senior Koor die verhoog met die Jiřičky Jeugkoor van Praag (Tsjeggië) en die Hoërskool Jan van Riebeeck koor deel. Die konsert vind om 18:00 by die NG Kerk Tamboerskloof plaas. Toegang is gratis, en dit beloof om ‘n aand van uitsonderlike koormusiek en internasionale samewerking te wees. Kom ondersteun ons Jannies en geniet hierdie unieke musikale ervaring saam met...

Koor Dagboek

augustus 2026

No Events

september 2026

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (NG Kerk Tamboerskloof)

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor