Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8–10 leerders per groep en kom een keer per week vir 45 minute bymekaar. Leerders gaan vir 7 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ’n e-pos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ’n plek te bespreek.

Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende:

  1. Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling

  2. Hersiening van verskillende opsommings

  3. Luister- en konsentrasievaardighede

  4. Geheue-oefeninge

  5. Beantwoording van toetse en eksamens

Die kursus begin die week van 26 Januarie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie grade.