Ons eer graag Jannies wat iets besonders gedurende die week doen. Besonders is ‘n besondere term vir ‘n besonderse daad. Om hulpvaardig teenoor ‘n maat op te tree wie se arm gebreek is en nie haar tas kan dra nie; om rommel op te tel sonder dat enigiemand vir jou opdrag gee; om vriendelik te wees teenoor iemand wat afsydig en ongeskik is; om respekvol teenoor besoekers op te tree is alles voorbeelde van ‘n Jannie wat die Jannie van die week-toekenning verdien.
 
Hou asseblief hierdie spasie dop aangesien ons weekliks ‘n Jannie van die week-verteenwoordiger op hierdie ruimte gaan aanwys.