Maak reg vir pret, spanpoging en sportgees!
Saterdag, 29 November 2025, van 08:30 tot 17:30 bied ons die opwindende Ouersportdag aan.
Kom wys jou vaardighede in:
-
Netbal
-
7’s Raakrugby
-
8’s Hokkie
-
Aflosswem
-
Tennis
-
Skaak
Daar is slegs plek vir 8 spanne, elk bestaande uit 16–20 lede. Moenie uitmis nie – dit beloof ’n dag vol lag, kompetisie en lekker saamwees.
👉 Skakel of WhatsApp Danielle le Clus-Rossouw by 082 923 5903 om meer inligting te kry en jou span se plek te bevestig.