Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! ????

Wat kan jy verwag?

???? Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek, pizza en Woodstock Brewery se food truck. Volg die skakel om die spyskaart te sien: SPYSKAART.

???? Lekkergoedland: Bederf jou soettand.

???? Musiek: Om jou in die regte bui te kry.

???? Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4 – 7).

???? Speletjies:

  • Die vierkant-speletjies is vir alle kinders en sluit in nootgolf, kussinggevegte, boontjiesak-teiken, ringgooi, Nerf-geweer-teikenskiet en vele meer.

  • Graad 4 – 7 het ’n aparte speelarea op die tennisbane met Jenga, handjietennis, foosball en meer.

  • Daar is ook ’n eksklusiewe area net vir Gr. 6’s en 7’s.

???? Kroeg: Yskoue bier en wyn vir volwassenes.

???? Braaikompetisie: Wie braai die beste in die dorp? Skryf asseblief jou span in!

???? Datum: 12 April 2025 ⏰ Tyd: 12:00 – 18:00 ???? Plek: Laerskool Jan van Riebeeck (klein veld)

Hierdie is die perfekte geleentheid om jou familie en vriende te bederf met hope pret en vermaak. Kom skep herinneringe wat julle vir altyd sal koester!

Toegang:

????‍????‍????‍???? Volwassenes: R100 – sluit proe-geleenthede in by die braaikompetisie én ’n stem vir die wenner in.
???? Juniorkinders (Graad R – 3): R100 – Eindelose vermaak met speletjies in die vierkant.
???? Seniorkinders (Graad 4 – 7): R140 – Toegang tot al die speletjies én die spookhuis.

???? Moet dit nie misloop nie – ons sien jou daar! ????