Neem asb. kennis dat ons jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms skuif vanaf 11 Februarie na 18 Februarie.

Dit vind nog steeds by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas met 62 van ons atlete wat op die dag deelneem en dit beloof om ‘n heerlike byeenkoms te wees.
Die volledige program sal Maandag op die webtuiste gepubliseer word en via WhatsApp uitgestuur word.