Let asseblief op die skrywe hier onder sodat jou kind die regte skooldrag van die begin af dra:
Grondslagfase (Graad 1 – 3):
- Dogters: Hempie (mouloos of moue) met skort of sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies
- Seuns: Hempie met sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies
- Koue dae: skoolsweetpaktop en/of broek.
Intersenfase (Graad 4 – 7)
- Dogters: Hempie soos in Grondslagfase met geruite rompie en/of netjiese donkerblou kortbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met wit sokkies
- Seuns: Hempie soos in Grondslagfase met netjiese, donkerblou kortbroek/khaki langbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met lang, donkerblou kouse met wit strepies
- Koue dae: Langmou hempie en/of soft shell donkerblou baadjie – GEEN sweetpaktop nie!
LET WEL: Sportdrag mag slegs op LO-dae skool toe gedra word. Indien jou kind sport direk na skool het, moet die rompie/broekie vinnig met die sportbroekie gedurende tweede pouse of na skool vervang word.
Wedstryddrag mag slegs op wedstryddae skool toe gedra word.
Help ons asseblief om ons korrekte skooldrag met trots te dra!