Kom word deel van die musiekdepartement en skryf in om volgende jaar musiekonderrig in een van die volgende instrumente te ontvang:
klavier, viool, kitaar, saksofoon, blokfluit, klarinet, dwarsfluit of individuele sanglesse (slegs vir Gr. 4-7’s).
Pieter Bezuidenhout is ‘n SAFTA genomineerde komponis, koordirigent, sangafrigter en instrumentalis. Hy is ‘n besonders veelsydige musikant, en leef nie net sy passie vir musiek as komponis en koordirigent uit nie, maar ook as musiekonderwyser. As komponis het hy groot lof ontvang vir sy instrumentele album, AULA, wat deur Die Burger beskryf is as musiek wat Suid-Afrikaanse klassieke musiek weer cool maak. Hy het ook in 2023 sy eerste solo Afrikaanse Electropop album vrygestel, SOEKER. Sy komposisies is reeds op 5 kontinente uitgevoer én internasionaal gepubliseer.
Pieter sluit in 2025 by Laerskool Jan van Riebeeck aan as sangonderwyser vir leerders in Graad 4-7. Hy is passievol oor die ontwikkeling van ‘n jonger generasie musikante en koester ‘n hoë agting vir die afrigting van sangers op laer- en hoërskool vlak. Hy glo dat sang ‘n medium is wat elke kind help om sy/haar uniekheid na vore te bring, persoonlikheid ontwikkel, en selfvertroue bou.

Vul die aangehegde musiekinskrywingsvorm in, en stuur dit aan Juf. Rolene.
Ons sien uit daarna om jou aansoek te ontvang!
Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za