Ons is reeds besig om aan 2025 se Akademiese week te beplan. Indien enige iemand ‘n kontak het met iemand by Lego – boublokkies sal dit so gaaf wees om my (Marinda Brink) in kennis te stel. Die tema van die week is geskoei op Lego – boublokkies. Die plan is om volgende jaar se Akademiese week nog groter en met nog meer pret aan te bied.

Kontak my gerus: marinda@jvrprim.co.za