Ons is ongelooflik trots op Ella Grey (gr.6) wat onlangs aangewys is as kategorie-wenner vir Beeldhoukuns: ouderdom 9 – 12 jaar. Die tema vir haar kunswerk was “Ontdekkingsreis deur die wildtuin”. Ella het nie net in die Beeldhou-afdeling presteer nie, maar behaal ook ‘n A-simbool vir haar kunswerk in die afdeling, Gemengde Media. Dankie vir jou inspirerende werk, Ella!