Gedurende die laaste skoolweek van kwartaal 3, 10 – 14 Junie, het 50 van ons leerders na die Suid-Kaap op ‘n Rugby-, netbal- en hokkietoer vertrek. Die opwinding was groot en ons is hier weg in goeie gees. Die Maandag het ons hokkiewedstryde gespeel teen Laerskool Volschenk. Die dogters het 1-1 gelykop gespeel en die seuns het ongelukkig in die laaste oomblikke van die wedstryd 1 – 2 verloor. Ons het daarna na Hartenbos vertrek waar ons  vir die week gebly het.  Van hier af het ons elke dag wonderlike aktiwiteite gedoen en wedstryde gespeel.

Dinsdag het ons teen Laerskool Park in Mosselbaai gespeel.  Beide ons o.12 en o.13 netbalspanne het gewen teen uiters sterk kompetisie. Ons rugbymanne het ongelukkig verloor. Woensdag was ons in Oudtshoorn waar ons weer aan netbal- en hokkiewedstryde deelgeneem het. Al ons spanne het gewen.

Donderdag was ons by Laerskool Vorentoe in Grootbrak.  Ons netbalspanne het beide hulle wedstryde gewen en ons rugbymanne het in ‘n uiters spannende wedstryd 17-24 verloor.  Ons het in totaal 12 wedstryde gespeel, 8 gewen, 1 gelykop en 3 verloor. 

Tussen al die wedstryde het ons leerders baie pret gehad.  Van Redberry Farm waar hulle deur die doolhof kon beweeg en hulle eie aarbeie pluk, ten pin bowling speel, die volstruisplaas in Oudtshoorn geniet tot “sandboarding” in Vleesbaai. 

Dit was ‘n onvergeetlike week en ons leerders het dit baie geniet.  Die herinneringe sal nog lank by ons almal bly.