Hiermee wil ons graag vir Frank van der Walt wat op Donderdagaand, 13 Junie, sy WP-Kleure vir rugby ontvang het, hartlik gelukwens en vir hom sterkte toewens vir sy deelname aan die Cravenweek wat vanaf 17 – 20 Junie op Loftus Versfeld in Pretoria plaasvind. Baie geluk ook aan sy ouers Franci en Nel wat hom so getrou langs die rugbyveld ondersteun. Ons is saam met julle baie trots op Frank se puik prestasie. Hy is ‘n ware ambassadeur vir ons skool. Ons wens Frank die beste toe! Mag hy baie ervaring opdoen, maar dit in die proses ook geniet.