Ons het die kwartaal se landloop afgesluit met ‘n wedloop in Vishoek. Dit was baie opwindend om die oranje hempies van ver af te sien aankom en hulle aan te moedig tot by die eindstreep. Baie geluk aan al die deelnemers, almal het verbeter van die vorige wedloop.

Isla Jooste, Lukas Loubser en James Steyn het in die top 20 in hul ouderdomsgroep geëindig en ‘n spesiale geluk aan Delmar Benecke wat in die vorige wedloop in Rondebosch 7de geëindig en verlede Vrydag in Vishoek 5de geëindig het. Ons is baie trots op julle!