Dit is weer tyd om die vere te begin reg skud vir ons jaarlikse prysuitdeling. Alle bekers wat tydens die prysuideling en atletiekbyeenkoms in 2017 ontvang is, moet op Woensdag, 7 NOVEMBER terug wees in die biblioteek. Bekers moet reeds gegraveer wees. Gebruik gerus Premier Shoes in Kloofstraat (tel.021 424 4904) hiervoor.

Bekers moet soos volg gegraveer word:
Prysuitdelingbekers (alle bekers & trofeë ontvang tydens die Prysuitdelingsgeleentheid):
2017 : Sannie Smit (2017: noemnaam & van van leerder/s)

Atletiekbekers:
2018 (l.w. NIE 2017 NIE) : Sannie Smit (2018: noemnaam & van van leerder/s)

‘n Beker wat deur leerders gedeel word, moet alle leerders se name bevat. Vir navrae, kontak magriet@jvrprim.co.za