Kategorie: Musiek

Musiekonderrig word in 'n verskeidenhied musiekinstrumente aangebied. Leerders kan onderrig ontvang in klavier, blokfluit, sang, musiekteorie en kitaar.
Daar is waglyste vir musiekonderrig. Indien jou kind dus belangstel, skryf so gou moontlik in deur gebruik te maak van hierdie inskrywingsvorm: MUSIEKINSKRYWINGSVORM

Musieknuus

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 17 Maart 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 17 Maart, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Strykensemble – Jacob Venter, Coreen Scholtz, Theo Robson, Anna-Sophia Leach, Morgan Smit Lukas van der Westhuizen – saksofoon Antjie Samuel – klavier en viool Micah Nikiforos – saksofoon Frannie Samuel – klavier Samuel Smit – klavier Emma Kuys – klavier Matthias Ackerman – klavier Mathias Barkhuizen – klarinet Cara Scholtz – klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek:...

Musiek Dagboek

maart 2026

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)