Kategorie: Musiek

Musiekonderrig word in 'n verskeidenhied musiekinstrumente aangebied. Leerders kan onderrig ontvang in klavier, blokfluit, sang, musiekteorie en kitaar.
Daar is waglyste vir musiekonderrig. Indien jou kind dus belangstel, skryf so gou moontlik in deur gebruik te maak van hierdie inskrywingsvorm: MUSIEKINSKRYWINGSVORM

Musieknuus

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2, 2026

Die Musiekdepartement wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser(s) te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek. Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Julle is ook welkom om ‘n alternatiewe tyd vir ‘n ontmoeting af te spreek. Kontak gerus jou kind se musiekonderwyser om ‘n datum en tyd vir ‘n ontmoeting te bevestig. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien. Ek lys die musiekonderwysers en...

Musiek Dagboek

No Events