Kategorie: Projekte

As ‘n laerskool in die stadskom het ons ’n verantwoordelikheid en behoefte om betrokke te wees by projekte in die groter Kaapstad omgewing. Ons oogmerk met gemeenskapsbetrokkenheid is om elke JvR leerder die kans te gee om ‘n bydrae tot ‘n projek te maak gedurende ‘n skooljaar. So ‘n bydrae is nie net die bring van ‘n fisiese item of geld nie, maar om self te werk en/of uit te reik na mense. Die projekte wat tans deel uitmaak van ons portefeulje is só beplan om aktiwiteite te skep wat gepas is vir kinders van verskillende ouderdomme en wat meesal binne skoolure afgehandel kan word. Leerders kry die geleentheid om nood in ’n gemeenskap te identifiseer en te help om die probleem op te los of tydelik te verlig.

Die betrokkenheid by Gemeenskapsprojekte is gesetel in verskeie waardes wat al vier van die waardes van ons skool insluit. Ons gemeenskapsprojekte bied vele geleenthede vir gesprekke rondom waardes en om sulke waardes prakties uit te leef.

Gemeenskapsprojekte Nuus

Beoogde Projek – Sportopgradering 2025 

Ons is baie opgewonde om aan te dui dat ons vanaf 25 April tot 12 Mei ons mini-sportveld (agter die skool) na ‘n veeldoelige kunsgrasbaan gaan opgradeer. Die kunsgrasoppervlakte sal ons in staat stel om daarop sport te beoefen, en dit kan ook die ‘verkeer’ van leerders dra wat daarop voor skool, tydens pouses en na skool speel. Dit beteken dat die sportaanbod verder ondersteun word, aangesien ons daarop twee mini-hokkievelde gaan aanbring, wat die hokkieleerders se vaardigheidsvlakke verder sal ontwikkel. Die projek word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Opvoedingtrust, wat gefinansier word uit die fondse van ons mees onlangse skoolveiling. Dit sluit ook die gawe hand van Gerhard Conradie in, wat die grond- en siviele werk van die projek gaan hanteer en borg. Baie dankie, Gerhard – ons waardeer dit baie. Verder wil ons graag die fasiliteite opgradeer met ‘n volledige sportsentrum wat pawiljoene, kleedkamergeriewe en ‘n mini-klubhuis insluit. Dit sal ook ruimte in die skoolgebou maak vir ons kultuuraanbod. Hierdie projek sluit ook die plaveisel agter onder die bome in om die hele area esteties mooi af te rond. Sien aangeheg ons droomplan, soos ontwerp deur Stephen Hitchcock (argitek), wat op ons Beheerraad dien. Ons nooi graag enige belangstellende ouers en voornemende donateurs wat ‘n bydrae sal oorweeg, om met my (skoolhoof@jvrprim.co.za) kontak te maak. Ons het reeds ‘n bedrag geld vir die projek opgesyfer...