Laerskool Jan van Riebeeck glo in ‘n goeie balans tussen akademie, kultuur, sport en sosiale aktiwiteite. Ons moedig leerders aan om hul volle potensiaal te bereik deur die geleenthede wat aan hulle gebied word aan te gryp. Binne hierdie breë raamwerk geniet elke klasonderwyser ‘n groot mate van vryheid met betrekking tot organisasie van sy/haar klasaanbieding.

Blokkies bou: BCSA en CapeLUG-uitstalling

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom. Graad 1 - 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 - 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou. Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie. Information for donations   What is Brick Club SA Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and free. Every Child, Every Brick, Every Possibility.   Where your donations go: Club Boxes We wash and sort both new and used genuine LEGO® and pack them into Club Boxes issued to participating librarians. We choose libraries because they are...

Akademiese- en Kultuurweek 2025

Om vaardighede aan te leer en kennis uit te bou, begin ons almal deur blokkies te bou. Ons is opgewonde om vanjaar se program en die aktiwiteite met julle te deel: Die Boublokke van Ontwikkeling Beskik jy oor ’n unieke vaardigheid wat jy graag met ons leerders wil deel? Kontak my gerus by...

Ouerbesoeke – 28 & 29 Julie 2025

Ons ouerbesoeke vir die derde kwartaal vind plaas op Maandag, 28 Julie en Dinsdag, 29 Julie 2025. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning. 🔗 Volg hierdie skakel om 'n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur 'n e-pos aan...

Akademiese- en Kultuurweek 2025

Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat. Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom. Voorlopige program: Ouma- en oupadag (19 Sept.) The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.  Curro-musiekfees (23 Sept.) Jannies Talent (25...

Studiekursus: Kwartaal 3

Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8 leerders per groep en kom een keer per week vir 40 minute bymekaar. Leerders gaan vir 5 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ‘n epos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ‘n plek te bespreek. Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende: Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling  Hersiening van verskillende opsommings Luister en konsentrasievaardighede Geheue oefeninge Beantwoording van toetse en eksamens Die kursus begin die tweede week van die kwartaal op 28 Julie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie...

Kennisgewing: Elektroniese Rapporte

Neem kennis dat ons vanaf hierdie kwartaal alle leerders vanaf Graad 1–7 se rapporte elektronies en in harde kopie (soos voorheen) sal versprei. Let asseblief op dat ons volgende week ’n e-pos aan ouers/voogde sal stuur om te bevestig dat die korrekte e-posadres bereik word. Jy sal 'n afsonderlike e-pos ontvang vir elke kind wat jy in die skool het. Hierdie toetslopie sal nie oor enige belangrike inligting beskik nie. Ons het nodig om dit so te doen sodat ons die rapporte die daaropvolgende week, wanneer die skool sluit, aan alle ouers kan stuur. Indien jou e-posadres verander het, moet jy dit asseblief so gou moontlik aanpas. Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe IKT-verwikkeling en wil ons dank aan Marié Cruywagen, Leon Hanekom en Megan Zondagh...

WOW-Spelfees 2025

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-Spelfees ten toon kan stel. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar. Die leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om al deur die woorde te begin gaan. Hierdie leerders sal dan in die eerste week van volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg. Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan verandering): Distrikskompetisie: 22 Augustus 2025 Provinsiale rondte: 13 September 2025 Nasionale rondte:  11 Oktober 2025   Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen...

Inligting rakende eksamentyd: Uitkomtye en buitemuurs

As gevolg van graad 4 - 7-leerders wat met eksamen begin, eindig die buitemuurse sportprogram die naweek vir hierdie leerders. Die graad 1 - 3's sal steeds met buitemuurs voortgaan. Hier volg inligting wat rakende uitkomtye en buitemuurse aktiwiteite tydens die eksamen: Die graad 7's verdaag reeds op Maandag, 2 Junie, om 13:00 aangesien hulle reeds op Dinsdag, 3 Junie, met hul eksamen begin. Die skool sluit vanaf Donderdag, 5 Junie, vir almal (gr. 1 - 7) om 13:00 aangesien die gr. 4 - 6'e Vrydag, 6 Junie, met eksamen begin. Hierdie uitkomtyd sal geldig wees tot Donderdag, 26 Junie. Interne buitemuurse program sal vanaf 9 Junie tot 18 Junie in werking tree. Dit beteken dat sportoefening sowel as kultuur tydens skooltyd sal plaasvind. Dagprogram tydens eksamen: 7:45 - 10:00 - Eksamen skryfsessie 10:10 - 10:30 - Pouse 10:30 - 12:45 - Buitemuurs (Sport/kultuur) *Ma. en Wo. - Rugby en netbal / Di. en Do. - Hokkie en landloop 13:00 Skool verdaag vir almal *Tweede pouse - onderwysers sal self besluit wanneer dit...

Boekverkope: 2 & 3 Junie 2025

The Book Box kom binnekort weer 'n draai maak met hope interessante nuwe boeke! Spaar solank sodat jy vir jou 'n lekker boek of twee kan koop voor die wintervakansie.

Eksamenrooster: Junie 2025

Sien asseblief die eksamenrooster vir die Junie-eksamen hier onder:

Kurrikulum Besonderhede

Grondslagfase vakke

Graad 1 – 3

  • Wiskunde
  • Geletterdheid
  • Liggaamlike Opvoeding
  • Lewensvaardigheid
  • Geletterdheid (Digitaal & Biblioteek)
  • isiXhosa
  • STEM (Kodering & Robotika)

Intermediêre fase vakke

Graad 4 – 6

  • Afrikaans
  • Engels (Eerste Addisionele Taal en Huistaal)
  • Wiskunde
  • Sosiale Wetenskappe – SW (Geskiedenis en Aardrykskunde)
  • Natuurwetenskap & Tegnologie
  • Persoonlike en Sosiale Wetenskappe – PSW (Lewensvaardigheid, Skeppende Kunste, LO)
  • Geletterdheid (Digitaal & Biblioteek)
  • isiXhosa
  • STEM (Kodering & Robotika)

Seniorfase vakke

Graad 7

  • Afrikaans
  • Engels (Eerste Addisionele Taal en Huistaal)
  • Wiskunde
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe – EBW
  • Sosiale Wetenskappe – SW (Aardrykskunde en Geskiedenis)
  • Natuurwetenskappe
  • Tegnologie
  • Lewensoriëntering
  • Skeppende Kunste
  • STEM (Kodering & Robotika)

Uitslae en Prestasies

Vorderingsverslae

Leerders ontvang kwartaalliks ‘n vorderingsverslag wat hul vordering met behulp van kodes/persentasies gedurende die betrokke kwartaal aandui. Slegs tydens die vierde kwartaal word ‘n deurlopende punt op die vorderingsverslag aangedui.

Eksamen

Slegs leerders in graad 4-7 skryf eksamen. Dit vind tydens Junie en November plaas. Deur die loop van die jaar is daar ook toetsreekse in alle grade.

Prysuitdeling

Die prysuitdeling vind aan die einde van die jaar plaas. Al vier kwartale se punte word dus in berekening gebring om die onderskeie pryse toe te ken. Elke leerder in ons skool ontvang ‘n sertifikaat wat ‘n holistiese indruk gee van die kind.

Addisionele vakke

Verrykende Akademiese Aktiwiteite

Rekenaarlokaal

Die rekenaarsentrum is smiddae beskikbaar vir leerders wat hul klastake wil voltooi of navorsing wil doen. Hulle mag ook teen ’n minimale fooi van die drukker gebruik maak.

Wiskunde Aktiwiteite

Ons heg groot waarde aan syferkundigheid en bied ‘n verskeidenheid ad hoc programme aan. Ons leerders neem jaarliks aan die Horizon wiskundekompetisie, SAMF-olimpiade (Amesa) en Melkbos Wiskundekompetisie deel. Verder is daar verrykingsklassse vir graad 6 en 7. Stuur ‘n e-pos aan leon@jvrprim.co.za vir meer inligting.

Uitstappies

Opvoedkundige uitstappies word kwartaalliks vir leerders aangebied. Deelname is verpligtend aangesien dit deel vorm van die skoolkurrikulum. Ouers sal versoek word om skriftelik toe te stem tot leerders se deelname. Geen leerder sal toegelaat word sonder ‘n toestemmingsbriefie nie.

Leerderontwikkeling

Leerontwikkeling

Marietjie de Kock

Spelterapie

Tina Fourie

Arbeidsterapie

Annet Wilke

Taal- en Spraakterapie

Lilan Starker

Opvoedkundige Sielkundige

Marike Badenhorst

Privaat Buitemuurse Akademiese Aktiwiteite

Aktiwiteit Tye Kontakpersoon Kontakbesonderhede
Robotika Maandae 15:00 - 16:00 & 16:00 - 17:00; Dinsdae 15:30 - 16:30 Suné Swanepoel sune.swanepoel@jvrprim.co.za
Young Engineers Kontak vir tye Bridget Molokomme infoctc@youngengineers.co.za
Eksperimaats Kontak vir tye Susy www.experi.co.za