Pragtige Musiek in die Welgemeend
16 November – DAGBOEK DIE DATUM EN BESPREEK ‘n Baie besonderse konsert in die Welgemeend-herehuis (op die JvR Hoërskool-terrein), Tuine, Kaapstad, word op Sondag, 16 November, aangebied – om 12:30 en 15:30. Baie bekende Hofmeyr-kunstenaars tree op – in erkenning aan die familie se lang verbintenis met Welgemeend: · Violis, Zanta Hofmeyr · Fluitis, Melané Hofmeyr-Burger · Sanger-liedjieskrywer, Laurinda Hofmeyr · Komponis, Hendrik Hofmeyr – wat komposisies spesiaal vir die konsert skryf. Kaartjies teen R250 (R200 vir pensionarisse en studente), wat ook verversings insluit, kan by Quicket bespreek word: Hofmeyr Artists in...