Beste Ouers,

Ons is opgewonde om Wêreldboekedag op Woensdag, 23 April 2025 te vier! Ter viering gaan ons ’n prettige kompetisie hou waar leerders uitgenooi word om skool toe te kom in die uitrusting van hul gunstelingboekkarakter.
 
Daar sal ’n prys in elke graad wees vir die leerder met die mees kreatiewe uitrusting, so ons moedig almal aan om hul verbeelding te gebruik en pret te hê!
Ons sien uit daarna om al die wonderlike karakters op die dag te sien.

Vriendelike groete,
Juf Marecia