Verlede week het ons ouers/voogde aangemoedig om na die opnames van ons skool se opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, op RSG te luister.
Hierdie week wil ons ‘n splinternuwe leesprogram (Lees101) wat op Netwerk24 beskikbaar is, bekendstel. Hierdie program fokus daarop om ouers/voogde advies te gee oor lees en waarom lees belangrik is. Dit bestaan uit 12 episodes. Ons skool is so bevoorreg om hierdie bemarkingsblootstelling te ontvang aangesien die geletterdheidsentrum (biblioteek) en Zen Den as aanbiedingsruimte gebruik is. Ongelukkig sal slegs lede wat ingeteken is, toegang tot hierdie platform ontvang.
KLIEK HIER om na die skakel te gaan.
