Prysuitdelingsgeleenthede vir 2024 vind in ons skoolsaal op die volgende dae en tye plaas:
Maandag, 2 Desember: Graad 1 om 8:30; Graad 2 om 10:00; Graad 3 om 11:30
Dinsdag, 3 Desember: Graad 4 – 09:00; Graad 5 – 11:30
Donderdag, 5 Desember: Graad 6 – 09:00; Graad 7 – 18:00
Let asb. op die volgende:
1) Alle leerders (gr. 1-7) in die skool ontvang ‘n sertifikaat met unieke akademiese-, persoonlike kommentaar, sowel as aktiwiteite waaraan die leerder deelgeneem het.
2) Gr. 4-7: Ontvang Top 3 graadpryse vir Afrikaans, Engels (EAT en HT) sowel as Wiskunde.
3) Gr. 5-7: Ontvang Top 10-medaljes vir graadposisies
4) Indien jou kind nie die prysuitdeling kan bywoon nie, moet jy asb. die bepaalde registeronderwyser in kennis stel.