Dit was vir elke onderwyser en kind so lekker om verlede week Donderdag en Vrydag ‘n swemgala te hou en te sien hoe die kinders deelneem. Baie dankie aan almal vir hul ondersteuning en baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Ons het ‘n paar aanpassings gemaak om by COVID-regulasies te hou en te verseker dat almal veilig is. Die gees van deelname en samesyn het steeds geseëvier.

Ons is so trots op elke leeder wat deelgeneem het, dis wonderlik om ons kinders se deursettingsvermoë te sien. Baie geluk aan die volgende leerders wat swembekers wen:

  • Lisa Marie Marais Junior Dogtersbeker: Carmen Barnard
  • Marie Louise Lubbe Junior Seunsbeker: Delmar Benecke
  • Hattingh Senior Dogtersbeker: Sophia Liebenberg
  • Riëtte van Reenen Senior Seunsbeker: Alexander Benecke

Die wenspan vir die dag was Oranje met 1012 punte! Vir die res van die Top 6 uitslae en die rekords, volg die skakel: Kleuregala uitslae 18 & 19 Maart 2021

Kliek HIER vir ‘n paar foto’s van die galas.