Vraag & Antwoord:

Hoe werk die Karri-toep?

Die skool gebruik die Karri-toep vir elektroniese betalings van ouers. Ouers kan op die toep sien wat gelaai is deur die skool en besluit of hulle dit wil bestel / bywoon.

Hoe laai ek die toep af?

  1. Maak jou selfoon Play Store / App Store oop.
  2. Soek die Karri-toep en laai dit af.
  3. In Karri, kies “Sign Up” en registreer met die e-posadres wat die skool van jou het.
  4. Volg die instruksies om die registrasie te voltooi.
  5. Onder Connections, maak seker jou kind(ers) is gekoppel aan jou profiel.
  6. Onder Profile, laai ‘n ‘Payment Method’ op sodat jou kaart aan die toep gekoppel is.

Hoe bestel ek iets?

  1. Sien onder Collections watter inskrywings deur die skool gelaai is.
  2. Indien jy iets wil bestel, kies ‘Order’ en kies dan wat jy wil bestel en hoeveel.
  3. Gaan na die ‘Checkout’ mandjie.
  4. Kies ‘Pay Now’.
  5. Kies jou kaart wat gelaai is.
  6. Die betaling sal dadelik deurgaan.

Het jy per ongeluk iets ‘dismiss’?

  1. Maak jou Karri-toep oop.
  2. Gaan na die Collections opsie onderaan die skerm.
  3. Kliek op ‘Upcoming’ bo-aan jou skerm.
  4. Kies die ‘dismissed/Declined’ opsie.
  5. Kliek op die inskrywing wat jy ‘dismiss’ het.
  6. Kliek onderaan op die ‘undo’ pyltjie langsaan ‘dismiss’.

 

 

Video Instruksies