Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck

Die gevoel van ’n plattelandse skool in die middel van ’n bedrywige wêreldstad – aan die voet van die ikoniese Tafelberg. Dis Laerskool Jan van Riebeeck – al vir 100 jaar die plek waar Afrikaanse kinders hulself kan uitleef. Hier word diversiteit gevier en elkeen se uniekheid en kindwees omarm.

Ons onderwysers, ouers en leerders – oftewel Jannies – is trots op ons gemeenskap. Ons skool en land se mense lê ons na aan die hart. Ons mik om elke dag ons waardes in ons gemeenskap uit te leef: Respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee.

Ons leuse, wees jouself, is ons padwyser – ook vir die volgende 100 jaar. Só kan ons Jannies, Kapenaars en Suid-Afrikaners wees wat ’n positiewe bydrae in die land en ons wêreld bly maak.