Die OOV is ’n organisasie wat daarna streef om die lewe by Laerskool Jan van Riebeeck vir elke leerder, onderwyser en ouer so lekker as moontlik te maak.
Die OOV is hoofsaaklik verantwoordelik vir die reël van sport- en sosiale funksies, geesbou onder die ouerkorps, en fondsinsameling addisioneel tot dié van die Beheerraad.
Elke klas vaardig jaarliks ongeveer twee klasverteenwoordigers af wat saam met drie onderwysers van die skool op die OOV dien.
Projekte wat deur die OOV gekoördineer word maak staat op die hulp, idees en bydraes van ouers. Die klasverteenwoordigers is die skakels tussen die skool en die ouers. Vergaderings word 1 – 2 keer per kwartaal gehou, afhangende van die omvang van die projek wat voorlê, maar klasverteenwoordigers kan mekaar by die vergaderings afwissel.
Ons verwelkom nuwe lede op die OOV en moedig ouers aan wat voorheen gedien het om weer by ons aan te sluit.
Betrokkenheid by die OOV bied jou die geleentheid om deel te wees van die beplanning van belangrike aspekte van die skool se funksionering, en gee jou die kans om waardevolle insette te lewer. Ons wil jou graag as deel van ons span hê: laat weet asseblief jou klasonderwyser as jy by ons wil aansluit.
Kontak gerus die klasonderwyser indien jy die OOV-verteenwoordiger(s) se kontakbesonderhede wil aanvra.
OOV Verteenwoordigers 2024
Voorsitter | Coreen Scholtz |
Graad 1S | Michelle Forsyth |
Graad 1T | Yvette van Antwerpen Murray |
Karin Badenhorst | |
Graad 1P | Anye Janse van Rensburg |
Graad 2U | Misha Goeiman |
Christiane February | |
Graad 2T | Nadia Caldeira |
Janine Greeff | |
Graad 2C | Danielle le Clus-Rossouw |
Tini Vorster | |
Graad 3TB | Mareli Cloete |
Graad 3E | Karla Partner |
Graad 3C | Jenine Boshoff |
Henriette Cronjé | |
Graad 4LR | Ilza Lindeque |
Graad 4C | Karen Koen |
Graad 4H | Andret Christie |
Graad 5S | Rosalie Smit |
Graad 5F | Elzette Malan |
Graad 5W | Monique Podesta |
Graad 6DJ | Natasha Buckenham |
Tracy Wiese | |
Graad 6DV | Charlotte Marais |
Graad 6F | Monique Schoeman |
Almeri de Vries | |
Graad 7VR | Susan Derksen |
Graad 7S | Nikola van der Linde |
Graad 7WS | Karien Zulch |
Huppelland | Danielle le Clus-Rossouw |
Onderwysers | Naomi Uys |
Lize Terblanche | |
Ilse-Marie Holtzhausen |