
Jan Kas Nuus
BASJAN
Ons is opgewonde om te sê dat die Basjan ondersteunerskussing nou op Jan Kas beskikbaar is!
VAKANSIE WINKELURE
Die aanlynwinkel sal deur die vakansie oop wees, so jy kan enige tyd bestel.
Alle bestellings sal immers eers in die eerste week van die nuwe kwartaal afgelewer word.
Let wel: die fisiese winkel sal gesluit wees tydens die vakansie.
Jan Kas sal weer oop wees op:
📅 Maandag, 21 Julie
🕐 10:00 tot 12:00.
Aankope kan aanlyn bestel word of in die winkel.
Om aanlyn te bestel:
Hou ‘Ctrl’ knoppie in, en klink op onderstaande www adres.
http://www.treadleclothing.co.za/shop/
•Gaan na ‘Brands’ dan ‘JvR schoolshop’ (dit was te grieks met te veel foute vir hulle om dit in Afrikaans op te stel)
•Klik op verlangde item, grootte, hoeveelheid en ‘add to cart’
•Om nog ‘n item te kies, klik op ‘Show all’ regs bo
•‘View cart’ om te sien watter items reeds geselekteer is.
•Indien nodig, maak veranderinge aan die lys en ‘update cart’
•Klik op ‘Local pickup @ Jvr klerebank’
•Klik ‘proceed to checkout’
•Vul in ‘billing address’ vir die faktuur met u kind se naam
•Adres: tik net ‘n letter in op elke lyntjie, wanneer dit nie by u huisadres afgelewer word nie.
•Klik net op verlangde betaalmetode se blokkie: ‘direct bank transfer’ OF ‘Snapscan’
•‘PLACE ORDER’ (as hierdie nie geselekteer word nie, word ‘n verwysingsnommer nie geallokeer nie en die bestelling gaan nie deur nie)
•Maak dan die betaling en gebruik asseblief faktuurnommer as verwysing.
•Die bestelling was suksesvol as jy ‘n e-pos van Treadle Clothing, wordpress@treadleclothing.co.za ontvang wat sê :
‘Thank you for your order’
Om by die winkel aan te koop:
Bedryfsure vir aanpas en kontant/Snapscan-aankope-
Maandae en Woensdae: 07:00 – 08:00
Dinsdae en Donderdae: 13:30 – 14:30
Beperkte voorraad word aangehou.
Bestel asseblief Winterklere teen einde Maart
Bestel Somerklere teen einde Julie
(Verskaffers is vol vanaf Oktober en sluit middel Desember tot middel Januarie, waarna hul dan probeer opvang waarmee hul agter geraak het die vorige jaar)
Navrae kan gestuur word aan jvrklerebank@gmail.com
Klerebankrekening vir EFT betalings is as volg:
Begunstigde: Treadle
Bank: FNB
RekNr: 627 34 75 33 55
Takkode: 250 655
Verwysing: Naam en Kwotansienommer -soos per e-pos verskaf