Broodjie en Blikkie

Elke Vrydag bring ons kinders ‘n ekstra broodjie of blikkieskos skool toe vir ‘n voedingsprojek in Khayelitsha.
Die projek word gelei deur Florence Mnxulu. In haar straat, Masithembane Street in Site C bly daar 26 jong kinders wat in erge nood lewe. Sommige se ouers is dood, en ‘n paar kinders se ouers is siek. Florence het begin om vir die kinders kos te maak, en help ook met hul opvoeding.
Ons wil graag alle ouers nooi om deel te word van die Bring ‘n Broodjie-projek. Enige kos-skenkings word met groot waardering op Vrydae ontvang.
Deur die loop van die jaar, kry elke klas ook ‘n beurt om op ‘n Vrydag te help om broodjies te smeer vir die projek.

Kontakpersone:
Helena Wasserman- sel: 082 759 8942 e-pos: helena.wasserman@gmail.com
Magdel van der Walt- e-pos: magdelvdw@mweb.co.za

Raak betrokke:
Stuur asseblief ‘n ekstra broodjie of enige ander kos op ‘n Vrydag saam skool toe. Enige skenkings van klere of ander huisgoedere word ook waardeer. Ouers wat wil help met die projek, moet asseblief vir Helena kontak by 082 759 8942.