Vraag & Antwoord:

Hoe werk die suidooster?

Gereelde vrae

Vind die antwoord op gereelde vrae deur op die vraag te kliek.

Wat is die suidooster?

Welkom by Die Suidooster, ons splinternuwe skoolblog! Hier deel ons die spesiale oomblikke wat ons skoolgemeenskap saambind – van opwindende skoolaktiwiteite en kreatiewe klaskamerprojekte tot insiggewende artikels deur ons leerders en onderwysers.

Hoe teken ek in en registreer vir kennisgewings op die suidooster?
  1. Volg hierdie skakel of kliek die afpyltjie langsaan die MyJvR tab in die menu van die skool se webtuiste.
  2. Kliek op Die Suidooster
  3. Teken in met die e-posadres waarmee jy by die skool op myJvR geregistreer is.
    • Indien jy jou wagwoord verloor het, herstel dit eerder in plaas daarvan om ‘n paar keer te raai. Die stelsel sal jou tydelik uitsluit indien jy te veel keer verkeerd raai.
    • Volg die stappe onder die volgende vraag om jou wagwoord te herstel.
  4. Om in te teken vir e-poskennisgewings wanneer die skool iets geplaas het, kliek op die PROFIEL IKOON,regs bo op Die Suidooster webblad. Merk die blokkie onder jou bersonderhede en kies “Stoor Keuse” om e-poskennisgewings te ontvang.
Ek het my wagwoord vir Die suidooster vergeet
  1. Jou wagwoord vir myJvR en Die Suidooster is dieselfde.
  2. Nadat jy op myJvR en Die Suidooster in die menu van die skool se webtuiste gekliek het, sal daar ‘n inteken-blokkie verskyn.
  3. Onder die Teken aan blokkie sal daar ‘n “Wagwoord vergeet” opsie wees. Volg daardie skakel.
  4. Tik die e-posadres waarmee jy by die skool in myJvR geregistreer is, in.
  5. Jy sal ‘n e-pos ontvang met ‘n skakel. Kliek op die skakel om jou nuwe wagwoord te skep. Indien jy nie die e-pos in jou inmandjie ontvang nie, loer in Junk / Spam.
  6. Kies ‘n wagwoord wat aan die volgende vereistes voldoen:
    • minstens 8 karakters
    • minstens een hoofletter
    • minstens een kleinletter
    • spesiale karakter of getal
  7. Nadat jou wagwoord herstel is, teken met die nuwe wagwoord in.
Die e-pos wat ek moet kry om my wagwoord te herstel, kom nie by my uit nie

Nadat jy in jou Junk / Spam gekyk het en ook nie die e-pos daar gekry het nie, kan dit beteken dat die skool ‘n verkeerde e-posadres van jou het. Indien jy toegang het tot ‘n vorige e-pos wat die skool voorheen gehad het, gaan loer gerus in daardie e-pos se inbox. Indien jy nie meer kan inteken op daardie e-pos nie, stuur gerus ‘n e-pos aan megan@jvrprim.co.za sodat ons jou e-pos op die stelsel kan verander en jy weer op Die Suidooster kan inteken.

My e-posadres het verander en ek het nie meer toegang tot die e-pos wat die skool van my het nie.

Stuur gerus ‘n e-pos aan megan@jvrprim.co.za sodat ons jou e-pos op die stelsel kan verander en jy weer op Die Suidooster kan inteken.