Vraag & Antwoord:

Hoe verander ek my inligting wat die skool van my het?

Gereelde vrae

Vind die antwoord op gereelde vrae deur op die vraag te kliek.

Hoe dateer ek my inligting op?
  1. Kliek op myJvR in die boonste menu van die webtuiste.
  2. Kliek op My Besonderhede.
  3. Teken in met die e-pos wat die skool van jou het.
  4. Verander jou e-posadres / selfoon / kommunikasievoorkeure.
Ek het my wagwoord vir myJvR vergeet
  1. Nadat jy op myJvR en My Besonderhede gekliek het, sal daar ‘n inteken-blokkie verskyn.
  2. Onder die Teken aan blokkie sal daar ‘n “Wagwoord verloor” opsie wees. Volg daardie skakel.
  3. Tik die e-pos wat die skool van jou het, in.
  4. Jy behoort ‘n e-pos te kry met ‘n skakel om ‘n nuwe wagwoord te skep. Loer ook in jou Junk / Spam indien die e-pos nie by jou uitkom nie.
  5. Kies ‘n wagwoord wat aan die volgende vereistes voldoen:
    • minstens 8 karakters
    • minstens een hoofletter
    • minstens een kleinletter
    • spesiale karakter of getal
  6. Nadat jou wagwoord herstel is, teken met die nuwe wagwoord in.
Die e-pos wat ek moet kry om my wagwoord te herstel, kom nie by my uit nie

Nadat jy in jou Junk / Spam gekyk het en ook nie die e-pos daar gekry het nie, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za sodat sy jou e-pos op die stelsel kan verander en jy weer op myJvR kan inteken.

My e-posadres het verander en ek het nie meer toegang tot die e-pos wat die skool van my het nie.

Stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za sodat sy jou e-pos op die stelsel kan verander en jy weer op myJvR kan inteken.