Gedurende die vierde kwartaal kom graad 1-leerders wat reeds ingeskryf is vir die volgende jaar, ons skool besoek. Die doel hiervan is dat hulle hul nuwe onderwyseresse ontmoet en ook vertroud raak met hul klaskamer, die skoolgebou, ander klasse en die speelgrond.

Die ouers word op ‘n begeleide toer deur die skool geneem en kry ook kans om saam met ander voornemende graad 1-ouers sosiaal te verkeer.

Die doel van hierdie oggend is om almal welkom te laat voel en dat hul met ‘n geruste hart ‘n heerlike Kersvakansie kan hê en kan uitsien na die begin van hul kind se skoolloopbaan.