Category: Swem

Laerskool Jan van Riebeeck spog met 'n nuwe swembad. Swem is 'n somersport en vind tydens die eerste en vierde kwartaal plaas.

Ons hoogtepunt is ons jaarlikse kleuregala waar ons fokus op massadeelname. Dit vind in die eerste kwartaal gedurende skoolure by ons skoolswembad plaas. Leerders wat kan swem, neem hieraan deel. Hierdie gala asook die oefeninge word gebruik om ons swemspan te identifiseer wat gedurende die res van die seisoen aan ander galas deelneem.

Ons maak gebruik van professionele afrigters om net die beste te verseker. Ons swembad word ook tydens LO periodes gebruik.

Kleurindelings volgens leerders se vanne:

Swemnuus

Delmar Benecke presteer in Swem

Delmar het Saterdag, 25 Mei, aan Cape Town Aquatics se eerste gala van die nuwe swemseisoen deelgeneem. Hy het baie goed presteer met persoonlike beste tye in beide sy items waaraan hy deelgeneem het. 200m individuele wisselslag: 1ste plek 100m rugslag: 1ste plek ‘n Baie goeie begin van ‘n nuwe seisoen. Baie geluk,...

Swem Dagboek

Geen Inskrywings