Krieketuitslae van 22-28 Oktober 2026
Hier volg die week se krieketuitslae:
Hier volg die week se krieketuitslae:
Hier volg die week se tennisuitslae:
Ella is gekies vir die SA Nasionale Jeuggroep vir Touch Rugby. Sy sal gedurende Desember en Januarie aan twee oefenkampe deelneem, waarna die finale Suid-Afrikaanse span gekies word om volgende jaar in Ierland deel te neem.
Ons wens haar alle sterkte toe en is trots op hierdie besondere prestasie!
Moenie die Graad 7’s se laaste roomysverkope vir die jaar misloop nie! Kom geniet ‘n heerlike roomys tydens eerste pouse op Vrydag, 6 November by die Snoepie.
Roomyse kos slegs R15 of R25, en kaarte is ook welkom.
Bring jou vriende saam en ondersteun die Graad 7’s terwyl jy afkoel met ‘n lekker roomys!
Datum: Vrydag, 6 November
Tyd: Eerste pouse
Plek: By die Snoepie
Ons sien uit daarna om julle daar te sien! 🍨✨
Ses Graad 6-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck het as deel van die Standard Bank STEAM-projek ’n uitdaging aangepak wat ’n verskil in ons skoolgemeenskap kan maak. Tussen 18 deelnemende skole in Kaapstad het ons leerders gewys hoe tegnologie gebruik kan word om werklike probleme op te los.
Hul projek, ‘Smart Find’ fokus op ’n probleem waarmee ons almal kan identifiseer: verlore eiendom. Van waterbottels en kosblikke tot skoolklere, ons ken almal die frustrasie wanneer goed wegraak.
Met die ondersteuning en leiding van Juffrou Suné het die leerders ’n slim stelsel ontwikkel wat RFID-tegnologie en ’n Raspberry Pi gebruik om verlore items makliker te identifiseer en met hul eienaars te herenig.
Die leerders het self navorsing gedoen, gekodeer, elektroniese komponente gekoppel en saamgewerk om hul idee in ’n werkende oplossing te omskep.
Ons harde werk het vrugte afgewerp. JVR het deurgedring na die top vyf skole en die span het uiteindelik ’n fantastiese prys gewen: ’n 3D-drukker. Dit is ’n ongelooflike prestasie en ’n bewys van wat leerders met kreatiwiteit, spanwerk en deursettingsvermoë kan bereik.
Ons is ongelooflik trots op hierdie ses leerders en hul harde werk. Julle het JVR behoorlik trots gemaak.
Baie geluk aan ons Smart Find-span, Julle is ware jong innoveerders.
Ons span: Stef Nel, Gert van der Linde, Kent Chimukuyu, Heleen de Kock, Antjie Samuel en Mia Laubscher.