Kategorie: Nuus

Huiswerk Graad 4

Robotikadag: 28 Mei 2026

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Laerskool Jan van Riebeeck op 28 Mei 2026 ons eerste JvR Robotikadag gaan aanbied.
Die dag bestaan uit: ‘n robotika kompetisie, spanuitdagings en beoordeling wat in die skoolsaal plaasvind asook koderingsaktiwiteite en praktiese STEM-aktiwiteite vir leerders tydens klastyd. 
Die robotika-kompetisie sal slegs vir ons Intersenfase leerders (Graad 4–7) aangebied word.
Hierdie dag bied aan ons leerders die geleentheid om die vaardighede wat hulle gedurende robotika- en koderingsklasse ontwikkel het, in ’n prettige en opwindende omgewing toe te pas en te vier.
Robotika help leerders om belangrike vaardighede soos: probleemoplossing, kreatiewe denke, spanwerk, logiese redenasie en effektiewe  kommunikasie vaardighede te ontwikkel – vaardighede wat noodsaaklik is vir die toekoms.
Ouers is ook welkom om die robotika-kompetisie wat gedurende die dag in die saal plaasvind, te kom ondersteun. Loer gerus na die sessie-indelings om te sien of jou kind deelneem en wanneer jy kan kom kyk.
Ons sien uit  om ons leerders se kreatiwiteit, innovasie en harde werk saam met julle te vier!
JvR Robotika Spanlede & Sessies 1

MUSIEKKONSERTE: 18 en 19 Junie

Dit is weer daardie tyd van die kwartaal om musiekkonsert te hou! Ons nooi almal uit om die konsert by te woon en die musiekleerders te ondersteun. Dit beloof om pragtige konserte te wees met optredes deur ons kore, houtblaasensemble, strykensemble, kleiner ensembles, en individuele items.
 
Jou kind se musiekonderwyser sal jou in kennis stel indien jou kind gekies is om by een van hierdie konserte op te tree. 
 
Donderdag, 18 Junie: Graad 4-7’s
 
Die konsert op Donderdag, 18 Junie, is vir ons Intersenfase musiekleerders. Die volgende ensembles neem deel:
 
* Senior Koor
* Houtblaasensemble
* Strykensemble
* Ander kleiner ensembles
 
Tyd: 18h00 – 19h00
Plek: LS JvR Skoolsaal
Drag: Formele Skooldrag
 
Vrydag, 19 Junie: Graad 1-3’s
 
Die konsert op Vrydag, 19 Junie, is vir ons Grondslagfase musiekleerders. Ons junior koor en gekose musiekleerders tree op. 
 
Tyd: 08h15 – 09h00
Plek: LS JvR Skoolsaal
Drag: Formele Skooldrag
 

Hou die relevante WA-groepe dop vir meer inligting, of kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige vrae is.

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 26 Mei

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 26 Mei, in die NASORG plaas. 
 
Die volgende leerders tree op:
 
Maja le Roux – Klavier
Hugo van den Heever – Klavier
Emma Kuys – Klavier
Matthias Ackerman – Klavier
Jamie Jordaan – Klarinet
Pieter Derksen – Tjello
Emma Venter – Tjello
Joe Barnard – Klavier
Henry Jordaan – Tjello
Jacques du Toit – Klavier
Anna-Sophia Leach – Viool
Anya Greeff – Klavier
 
Daar word ook kunswerke van hierdie leerders in die Nasorg uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk.
 
Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:
 
* Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h45 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. 
* Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie.
* Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam!
* Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.
 
Tyd: 08h00 – 08h30
Plek: Nasorg
 

Aiyana Presteer in Akrobatiese Dans

Ons deel met trots dat Aiyana Alfredo (Gr. 7M) haar WP-kleure in Akrobatiese Danssport verwerf het.
Sy het vanaf Vrydag, 8 Mei, tot Sondag, 10 Mei, aan die Akrobatiese Solo-danssport Assosiasie se WP-proewe deelgeneem, waar sy ’n eerste plek in haar afdeling, “Vlak 6 o.13”, behaal het.
Aiyana het hiermee ook vir WP-kleure gekwalifiseer en is genooi om aan die Nasionale Kampioenskappe deel te neem, wat einde Junie in Gauteng plaasvind.
Baie geluk, Aiyana – ons is ongelooflik trots op jou prestasie!

Loading
<iframe src="https://calendar.google.com/calendar/embed?src=jvrprim.co.za_classroomb18e0c73%40group.calendar.google.com&ctz=Africa/Johannesburg" style="border: 0" mode="agenda" width="800" height="600" frameborder="0" scrolling="no"></iframe>