Kategorie: Nuus

Huiswerk Graad 4

Roosters ruil om: Woensdag, 8 April 2026

Neem asseblief kennis dat die Dinsdag- en Woensdagrooster omgeruil sal word wanneer die skool heropen. Op Woensdag, 8 April, sal ons dus die akademiese program van ’n Dinsdag volg.
Dit beteken dat aktiwiteite soos senior kooroefening, saalperiode en ander Dinsdagverpligtinge sal plaasvind.
Let egter daarop dat sport steeds volgens die gewone Woensdagprogram sal voortgaan.

 

 

 

Wêreldboekedag – 23 April 2026

Ons vier vanjaar Wêreldboekedag op ’n opwindende manier! Leerders word uitgenooi om aan te trek soos hul gunsteling karakter uit ’n Jaco Jacobs-boek.
Daar wag ook ’n spesiale verrassing – die beste kostuum wen ’n fantastiese boekprys! 🎉
Ons kan nie wag om al die kreatiewe karakters by die skool te sien nie!

Dekades: Die storie van Laurika Rauch

🎭 Kaartjieverkope is NOU OOP! 🎟️
 
Moenie “Dekades: Die storie van Laurika Rauch” misloop nie – ’n onvergeetlike musikale reis deur die jare met een van Suid-Afrika se mees geliefde stemme. Die hele Hoërskool Jan van Riebeeck is op die verhoog in hierdie eens in ‘n leeftyd revueproduksie, opgedra aan ons ikoon-oudleerder, Laurika Rauch! 
 
✨ Beleef die magiese, die stories en die liedjies wat generasies geraak het.
 
🎫 Kry jou kaartjies nou op Quicket:
👉 https://qkt.io/BYKiYc
 
🌟 BBP-ervaring beskikbaar:
Geniet die vertoning vanuit die GOUE / BBP-area met premium sitplekke, ligte verversings en ’n drankie ingesluit.
 
📍 Moenie wag nie – bespreek vandag nog en wees deel van hierdie besondere aand!

Senior Koor: Oefening Woensdag, 8 April

Die senior koor skop die tweede kwartaal af met ’n heerlike kooroefening! Hierdie reëling is getref sodat die senior koor genoegsame oefentyd het voor hulle belangrike optrede by die Passion ChoralFest op Sondag, 12 April.
 
Hier is die koor se oefentye vir die eerste week van die tweede kwartaal:
 
* Woensdag, 8 April: 07h30 – 08h30 (sover moontlik, verseker dat die leerders betyds vir die oefening is, asb)
* Donderdag, 9 April: 11h30 – 12h30
 
Baie dankie vir almal se samewerking in hierdie verband. Ons sien baie uit na die senior koor se eerste optredes!

Loading
<iframe src="https://calendar.google.com/calendar/embed?src=jvrprim.co.za_classroomb18e0c73%40group.calendar.google.com&ctz=Africa/Johannesburg" style="border: 0" mode="agenda" width="800" height="600" frameborder="0" scrolling="no"></iframe>