Kategorie: Koor

Die skool het ’n senior en ’n junior koor wat onder leiding van Ben Reynecke en Rolene van Zyl staan.

Oudisies vind aan die begin van elke jaar in skooltyd plaas. Optredes is gewoonlik op aanvraag tydens ’n erediens, by koorfeeste en by skoolgeleenthede.

Oefentye vir die Junior en Senior koor is tydens skooltyd.

Koornuus

Junior en Senior Kooroptredes: Kwartaal 2, 2026

Ons kore werk hard om voor te berei vir die konserte wat gedurende die tweede kwartaal vir ons voorlê. Indien daar optredes bygevoeg word, sal ons julle in kennis stel.    Teken gerus die datums aan en hou die Nuusbrief en betrokke WA-groepe dop vir meer gedetaileerde inligting rakende die spesifieke geleenthede:   Junior Koor   7 Mei HS JvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 19 Junie Grondslagfase Musiekkonsert (oggendkonsert by LS JvR)   Senior Koor   12 April Passion ChoralFest by Hugo Lambrechts @ 16h00 21 April Fairmont High School Choir Evening (aandkonsert en busvervoer sal gereël word) 7 Mei HS JvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 18 Junie Intersenfase Musiekkonsert (aandkonsert by LS JvR)   Ek herinner graag dat dit verpligtend vir koorlede is om die optredes by te woon, tensy daar vooraf by juf. Bea (junior koor) of juf. Rolene (senior koor) verskoning gemaak word. Moenie huiwer om ons te kontak met enige vrae nie – ons help...

Koor Dagboek

maart 2026

No Events

april 2026

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School