Kategorie: Koor

Die skool het ’n senior en ’n junior koor wat onder leiding van Ben Reynecke en Rolene van Zyl staan.

Oudisies vind aan die begin van elke jaar in skooltyd plaas. Optredes is gewoonlik op aanvraag tydens ’n erediens, by koorfeeste en by skoolgeleenthede.

Oefentye vir die Junior en Senior koor is tydens skooltyd.

Koornuus

Senior Koorkamp: 6 – 7 Februarie

Dit is weer daardie tyd van die jaar en die senior koor se jaarlikse koorkamp is om die draai!  SKEDULE Vrydag, 6 Februarie:  * Middagete voorsien deur die skool: 14h00-14h20 * Oefen: 14h20 – 17h45 * Piekniek op die skoolveld vir alle koorlede en -ouers: 18h00 – 19h00 Saterdag, 7 Februarie: * Oefen: 09h00 – 14h00 * Ons voorsien: * Waatlemoen vir peuselhappie * Boereworsrolle vir middagete * Leerders pak genoeg water en peuselhappies in. * Kampkonsert vir ouers: 14h15 – 14h30 Kom kuier saam by ons senior koorpiekniek op Vrydag, 6 Februarie, vanaf 18h00 – 19h00. Ons nooi ook alle ouers uit om Saterdagmiddag, 7 Februarie, ’n kort kampkonsert in die skoolsaal by te woon. Die koorkamp is verpligtend vir alle senior koorlede. Indien iemand nie die koorkamp kan bywoon nie, moet juf. Rolene asb in kennis gestel word.  Groete, Rolene     ...

Koor Dagboek

januarie 2026

No Events

februarie 2026

No Events