Woord van die week 88

kiekies
Definisie: ‘n Klein foto wat meestal deur ‘n amateur-fotograaf geneem word.
Sin: Die kiekies teen die muur is oud en vaal.
Oorsprong: Die woord kiekies het sy oorsprong in die van ‘n bekende Nederlandse fotograaf, Israel David Kiek. Die woord is dus ‘n eponiem.
Wenner: Mieke Huysamen (Gr.4M)