Kategorie: Advertensies

Klik op die advertensietitel vir meer besonderhede.

Skoolpromosie: Aquabox

Een van ons ouers is ’n plaaslike verspreider van Mountain Falls mineraalwater en bied tans ’n lekker skoolpromosie aan.
Op die “Acquabox” water (10 L of 15 L in ’n boks) geld die volgende: vir elke 2 bokse wat jy bestel, word 1 boks gratis aan jou kind se klas geskenk . Dit is ’n eenvoudige manier om die skool te ondersteun terwyl jy terselfdertyd water vir jou huis bestel.
Jy is ook welkom om botteltjies water te bestel, beskikbaar in Still of Sparkling.
Bestellings word gratis by jou huis afgelewer, wat dit baie gerieflik maak. Ons sal dit baie waardeer as jy hierdie inisiatief ondersteun. 💧
Bestellings kan aanlyn gemaak word:
BESTEL HIER

Loading

Indien jy graag iets op ons webtuiste wil adverteer, stuur gerus 'n e-pos aan megan@jvrprim.co.za

Neem kennis:

  • Dit kos R175 om jou advertensie vir 'n week op ons webtuiste en een keer in ons nuusbrief te laat verskyn
  • Die advertensie sal slegs geplaas word as die bewys van betaling ontvang is
  • Stuur asb. advertensies voor Donderdae om 12:00

Stuur asb. die volgende per e-pos:

  • Advertensie in JPEG of PDF formaat
  • Hoeveel weke jy wil hê dit op ons webtuiste moet verskyn
  • Of jy 'n faktuur benodig