Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 – 07:45 in die NASORGLOKAAL plaas. Ons eerste samekoms van die jaar is volgende Donderdag, 22 Januarie. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn, van die Groote Kerk, of een van die onderwysers ‘n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunstelingoggend van die week. Alle gr.1 – 7-leerders en hul ouers is welkom! Sluit asb. by die communitygroep aan indien jy graag op hoogte wil bly van die aktiwiteite.