J&J Dramaskool – 18 Jaar van Kreatiwiteit en Sukses!
Ons is trots om te sê dat die J&J Dramaskool hierdie jaar al 18 jaar bestaan! Ons kan ook met trots terugkyk op die talle suksesverhale van studente wat deur ons hande gegaan het en reeds in verskeie takke van die dramawêreld naam gemaak het.
Die skool bied dramaklasse aan vir kinders van 3 tot 13 jaar, en elke klas is ontwerp om die kind se verbeelding en kreatiwiteit te stimuleer.
Wat beteken hierdie klasse vir jou kind?
-
Die klasse help om spraak en selfvertroue te ontwikkel.
-
Kinders leer om gemaklik voor ’n gehoor op te tree, verskillende karakters te vertolk en hul eie individuele stempel in die samelewing af te druk.
-
Drama-opleiding is uiters belangrik vir persoonlike ontwikkeling, samewerking, sosiale intelligensie en die vermoë om effektief in ’n groep te funksioneer.
Privaat Dramaklasse 2026
-
Graad 1 – 3
-
Maandag: 14:30 – 15:30
-
Woensdag: 14:10 – 15:00
-
Vrydag: 13:30 – 14:15 (halfprys vir Gr. 3 weens korter klas)
-
-
Graad 4 – 7
-
Maandag: 15:30 – 16:30
-
Woensdag: 15:00 – 16:00
-
Vrydag: 14:15– 15:15
-
Begin: Week 2 (19 – 23 Januarie 2026)
Elke leerder kies een klas per week.
Inskrywings
Indien jou kind belangstel om hierdie jaar dramaklasse te neem, vul asseblief hierdie afskeurstrokie in en e-pos of SMS/WhatsApp met basiese inligting aan:
Marianna Oosthuizen: mariannaoosthuizen52@gmail.com | 082 441 4110
Kontak ons vir meer inligting:
-
Jana Nel (Drama-onderwyseres): 072 014 8234
-
Marianna Oosthuizen (Admin): 082 441 4110
Laat jou kind deel wees van ’n opwindende reis vol kreatiwiteit, leer en selfvertroue!
