DANS BY LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK – 2026
Die Barbara Schreuder Dansskool bied Moderne Dans, Contemporary, American Ballet Awards en Choreografie aan leerders van Graad 1 tot Graad 11. Klassen begin vanaf Maandag 19 Januarie 2026.
Dans is lekker en daar is ‘n plek vir almal! Leerders word blootgestel aan verskillende genres en musiek en leer om dit met selfvertroue te geniet.
Ons volg die voorgeskrewe syllabus van CSA, AIDT en die Internasionale American Academy Ballet, aangepas volgens ouderdom en standaard. Daar is opsionele geleenthede om deel te neem aan Eisteddfods, assesserings, skoolvertonings by JvR, en AAB Ballet Awards.
Klasse vind op die skoolperseel plaas, en dansers kan veilig tussen klasse beweeg vanaf sport en nasorg.
Rooster van klasse
-
Gr. 1: Dinsdae
-
Gr. 2 – Gr. 8: Dinsdae en Donderdae
-
Gr. 10 – Gr. 11: Maandae, Dinsdae en Donderdae
Vir meer inligting oor die volledige rooster en kostes, skakel ons gerus.
Kleredrag
-
Leotard of unitard
-
Hare moet vas wees
-
Kort rompie kan oor leotard gedra word
Toetsklas vir nuwe dansers
-
Datum: Dinsdag 20 Januarie 2026
-
Eenmalige gratis toetsklas – maak asseblief ’n afspraak
Tydsberekening:
-
Gr. 1: 14:15 – 15:00
-
Gr. 2/3: 15:00 – 15:45
-
Gr. 4/5: 15:45 – 16:30
-
Gr. 6/7: 16:30 – 17:15
Kleredrag vir toetsklas: Dansklere of kortbroek/t-shirt, kaalvoet.
Kontak
-
Barbie Schreuder
-
Tel/WhatsApp: 072 454 9353 (voor 11:00 of na 20:00)
Dans is vir almal – laat jou kind deel wees van hierdie opwindende en kreatiewe avontuur!
