JANStyl is ‘n glansaand waar 24 Gr 11-deelnemers met mekaar meeding in afdelings soos ontwerp, modellering, fotografie en openbare spreekkuns. Verwag ‘n topklas modeparade met fantastiese uitrustings, professionele beligting en -musiek. Fondsinsameling ten bate van Ladles of Love. Heerlike aandete word bedien, snoepie beskikbaar.
Trek aan volgens die tema – pryse op die spel! Volg die skakel om kaartjies op Karri te bespreek: https://my.karri.global/qr/6dvzdae/c-ykbznkr
