Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Liewe Ouers

Dagboek

Vr 5 Junie 2026

  • Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Skaak: Herzlia Highlands Primary School (WEG)

Sa 6 Junie 2026

  • Rugby: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)
  • Veiling

Ma 8 Junie 2026

  • Interne sport begin

Di 9 Junie 2026

  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 1)

Do 11 Junie 2026

  • Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

Vr 12 Junie 2026

  • Eksamen Eindig

Ma 15 Junie 2026

  • Skoolvakansiedag

Di 16 Junie 2026

  • Jeugdag

Wo 17 Junie 2026

  • Hoofleiers Verkiesing
  • Eksamen Sieketoetse

Do 18 Junie 2026

  • Musiekkonsert ISF
  • Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar
  • Graad 3 uitstappie: Henties-fabriek (Groep 2)

Vr 19 Junie 2026

  • Finkom vergadering
  • Hoofleiers aanwys
  • Musiekkonsert GF
  • Toer oorhandiging
  • Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)


>> SIEN DIE VOLLEDIGE KALENDER <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 06 Junie 2025

Tyd staan beslis vir niemand stil nie, aangesien nóg ’n nuwe maand skielik sy verskyning op die kalender gemaak het. Die eerste semester van die jaar staan einde se kant toe, met die eksamen wat voor die deur staan en ’n welverdiende wintervakansie wat op ons wag.

Die eksamens vir die graad 7’s het op Dinsdag, 3 Junie, met Wiskunde afgeskop. Die eksamenmoraal is goed, leerders is gemotiveerd en die eksamenprogram verloop klopdisselboom. Vandag begin die eksamens ook vir die graad 4- tot 6-leerders en dit eindig vir almal op Woensdag, 18 Junie.

Die assesserings vir die graad 1- tot 3-leerders is ook die afgelope week afgehandel. Ek glo die grondslagfase-leerders is verlig en kan nou skaars wag vir die lekker wintervakansie. Graag wil ek die grondslagfasepersoneel komplimenteer en bedank vir hul toewyding — dat hulle selfs voor en ná die assesseringsessies hul leerders buitentoe geneem het om eers bietjie rond te hardloop en speletjies (soos leer om te huppel, kruiwastoot, ens.) in die vierkant te speel. Hierdie speletjies het beslis gehelp om die assesseringsangs te verlig. Die kinders het dit baie geniet en was sommer lekker jolig, wat gehelp het om die assesserings stresloos af te lê. Moderering van die grondslagfase se antwoordstelle geskied tans, voordat die finale punte vir die rapporte gefinaliseer word.

Sportdae en –wedstryde vir die intersen-leerders (graad 4 – 7) vir hierdie kwartaal het reeds geëindig. Die laaste sporttoernooie vir die grondslagfase-leerders vind vanmiddag en oor die naweek plaas — indien die weer dit toelaat. Sportwedstryde, veral rugby, hou altyd ’n risiko vir beserings in omdat dit ’n kontaksport is.

Saterdag, 31 Mei, was ’n hartseerdag vir ons skool. Arme Stephan Brink, ons o.13A-vleuel, het sy femur gebreek as gevolg van ’n harde duikslag tydens ’n wedstryd. Dit was ’n fratsongeluk wat baie emosies ontlok het. Die aard van sy besering was uiters traumaties — vir hom, sy ouers, spanmaats, afrigters en toeskouers. Die goeie nuus is dat Stephan ’n baie suksesvolle operasie ondergaan het. Hy is reeds op Maandagaand, 2 Junie, uit die hospitaal ontslaan en is tans tuis besig om aan te sterk.
Stephan is ’n optimis wat altyd die positiewe raaksien, en met sy uitkyk op die lewe glo ek hy gaan volkome en spoedig herstel. Ons kan beslis by hom leer dat elke donker wolk ’n silwer randjie het.

Ek besef dat die dag vir almal uiters traumaties was en beslis nie die manier waarop ons die sportkwartaal sou wou afsluit nie. Maar daar het iets besonders tydens die wagperiode, voordat Stephan in die ambulans gelaai is, afgespeel. Dit is moeilik om in woorde vas te vang, maar wat vir my uitgestaan het, is weereens die ongelooflike omgee-karakter van ons skoolgemeenskap.

Ouers van die opponerende skool het ná die tyd vir my gesê dat hulle nog nooit so iets beleef het nie. Die diepgewortelde omgee van ouers, leerders en personeel is ’n kosbare “advertensie” vir ons skool. Hulle kon sien dat die tipe ondersteuning en omgee deur dik en dun geskied — wat ’n pluimpie!

Stephan se rugbymaats was baie emosioneel, en ek wil graag vir Simon le Roux hartlik bedank wat Stephan, en ons almal, in dié moeilike situasie bygestaan het. Baie dankie, Simon, dat jy so mooi aan die span verduidelik het wat die aard van Stephan se besering was, asook die moontlike prognose.

Dankie aan al die ouers wat saam met ons in ’n kring gestaan en vir Stephan gebid het. Ek glo dit was ook ’n groot leerskool vir ons seuns en afrigters om te leer hoe om moeilike en uitdagende situasies te hanteer en te verwerk.

My beste wense vergesel Stephan en die hele Brink-gesin. Ek weet hulle is uiters dankbaar en oorweldig deur al die ondersteuning en omgee wat hulle van heinde en verre ontvang het.

Môreaand vind die Opvoedingstrust se jaarlikse veilingsdinee by die Mount Nelson Hotel plaas, waartydens fondse ingesamel word ten bate van die laerskool. Sterkte aan Anna Blackmore en haar span wat die reëlings vir een van die gewildste sosiale geleenthede op ons skool se kalender hanteer.

Ek sluit week 9 dan hiermee af. Mag julle as ’n gesin ’n wonderlike naweek geniet. Sterkte met die studies vir die eksamens.

Ek gaan graag voort om ons pragtige moedertaal te bevorder, en sluit af met die bekende Afrikaanse uitdrukking:

“Die son trek water”

Hierdie uitdrukking beteken: Dit raak laat.

Vriendelike groete
Naas Beets
Skoolhoof

VIR AANDAG

Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:

AKADEMIE

Eksamenrooster: Junie 2025

Sien asseblief die eksamenrooster vir die Junie-eksamen hier onder:

Inligting rakende eksamentyd: Uitkomtye en buitemuurs

As gevolg van graad 4 - 7-leerders wat met eksamen begin, eindig die buitemuurse sportprogram die naweek vir hierdie leerders. Die graad 1 - 3's sal steeds met buitemuurs voortgaan.

Hier volg inligting wat rakende uitkomtye en buitemuurse aktiwiteite tydens die eksamen:
  1. Die graad 7's verdaag reeds op Maandag, 2 Junie, om 13:00 aangesien hulle reeds op Dinsdag, 3 Junie, met hul eksamen begin.
  2. Die skool sluit vanaf Donderdag, 5 Junie, vir almal (gr. 1 - 7) om 13:00 aangesien die gr. 4 - 6'e Vrydag, 6 Junie, met eksamen begin. Hierdie uitkomtyd sal geldig wees tot Donderdag, 26 Junie.
  3. Interne buitemuurse program sal vanaf 9 Junie tot 18 Junie in werking tree. Dit beteken dat sportoefening sowel as kultuur tydens skooltyd sal plaasvind.
  4. Dagprogram tydens eksamen:
7:45 - 10:00 - Eksamen skryfsessie

10:10 - 10:30 - Pouse

10:30 - 12:45 - Buitemuurs (Sport/kultuur) *Ma. en Wo. - Rugby en netbal / Di. en Do. - Hokkie en landloop

13:00 Skool verdaag vir almal

*Tweede pouse - onderwysers sal self besluit wanneer dit plaasvind.

WOW-Spelfees 2025

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-Spelfees ten toon kan stel. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar.

Die leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om al deur die woorde te begin gaan. Hierdie leerders sal dan in die eerste week van volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg.

Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan verandering):
Distrikskompetisie: 22 Augustus 2025
Provinsiale rondte: 13 September 2025
Nasionale rondte: 11 Oktober 2025

Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen (ilsemarie@jvrprim.co.za).

KULTUUR

Jannies Talent Inskrywings

Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent!

Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree.

Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig.

Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie!

Skryf gerus in deur die volgende skakel te volg:
https://forms.office.com/r/JYp5GEvefs?origin=lprLink

Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie.

Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting:
???? rolene@jvrprim.co.za

Kwartaal 2 ISF Musiekkonsert: Donderdag, 19 Junie 2025

Dit is weer tyd vir ’n musiekkonsert! Van ons leerders het die afgelope kwartaal hard gewerk aan hul musiektalente – en wat is beter as ’n konsert om hul musiek saam met hulle te geniet? Ons seniorkoor, strykensemble en marimbagroep tree ook by hierdie geleentheid op.

Datum: Donderdagaand, 19 Junie 2025

Tyd: 17:30

Plek: Skoolsaal

Ons nooi almal hartlik uit om saam met ons te kom luister na die leerders se mooiste musiek! Wyn sal ook voor die tyd te koop wees.

Groete,

Rolene van Zyl

ALGEMEEN

Jan Kas: Vroeër oop tydens eksamen

Jan Kas sal vanaf nou tot die einde van die kwartaal op Dinsdae en Donderdae vroeër oop wees.

???? Dinsdae en Donderdae
???? 12:30 – 13:30

Uitneem van boeke

Liewe Ouers

Ons wil julle graag laat weet dat ons volgende week 'n voorraadopname van al die boeke in die Mediasentrum gaan doen. Daarom sal leerders van hierdie week af ongelukkig nie meer boeke mag uitneem nie.

Leerders is steeds welkom om die Mediasentrum te besoek en boeke daar te lees. Die uitneem van boeke sal weer beskikbaar wees vanaf die begin van die volgende kwartaal.

Baie dankie vir julle begrip en samewerking.

Vriendelike groete

Juf. Marecia van Zyl

Vadersdag Geskenkpakkies

Bederf Pa met iets spesiaals hierdie Vadersdag!

Koop ’n geskenkpakkie vir net R60 op Karri.

Moenie dit misloop nie – wys jou waardering met ’n lekker bederf! ????

Ter ondersteuning van ons gr.7-fondsinsameling.

Karri stel 'n kaart vir kinders bekend

Dear Parents

We are very pleased to introduce you to the Karri Card.

A Mastercard for students

The Karri Card is an innovative and secure way for parents to manage their child’s spending. Children get their name on a bank card and parents get peace of mind through transaction information and controls.

Parents can top-up instantly, block lost cards, reset forgotten PINs and receive spending alerts in real time. Students can pay at South African merchants that accept Mastercard - perfect for purchases at school and beyond!

TERUGVOER

Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:

SPORT

Hokkieuitslae: 29 - 30 Mei 2025

Hier volg die week se hokkieuitslae:

Netbaluitslae: 31 Mei 2025

Hier volg die week se netbaluitslae:

Rugbyuitslae: 31 Mei 2025

Hier volg die week se rugbyuitslae:

KULTUUR

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Solosang Uitslae

Die musiekleerders het uitsonderlik presteer in die Solosang-afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod.

Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het. Baie geluk aan almal wat hulself met soveel selfvertroue en grasie voor ’n gehoor en mede-deelnemers gehandhaaf het.

Baie, baie geluk aan elkeen van julle – ons is werklik trots!

Prestasies:
  • Jean Jacques Rossouw – Hoogste Lof
  • Noa Rademan – Hoogste Lof
  • Christina du Toit – Lof
  • Dirkie van Eeden – Eervolle Vermelding
  • Kitty Partner – Goue Diploma (Onderskeiding)
  • Coreen Scholtz – 3× Goue Diploma (Onderskeiding)
  • Pieter Rademeyer – Hoogste Lof, 2× Lof
  • Alida Loubser – Hoogste Lof
  • Rupert Janse van Rensburg – Goue Diploma (Onderskeiding)
  • Ella van der Walt – Eervolle Vermelding
  • Antjie Samuel – 2× Hoogste Lof, Goue Diploma (Onderskeiding)
  • Abigail Fourie – 2× Hoogste Lof, Goue Diploma (Onderskeiding)
Baie dankie aan Mnr. Ben en Mnr. Pieter vir julle uitstekende begeleiding en voorbereiding van die leerders. Ons waardeer opreg julle tyd, toewyding en passie.

INDIVIDUEEL

Bella presteer in gimnastiek

Bella Malan (Graad 5) het op Saterdag, 31 Mei, aan die Kaapse Gimnastiek-distrikskompetisie deelgeneem en 'n silwermedalje verower. Sy is ook gekies om die distrikspan te verteenwoordig by die WP-byeenkoms, wat van 26 tot 29 Junie in Saldanha plaasvind.

Baie geluk, Bella!

JANNIES GESPREKKE

Insigte, wenke en kundige leiding vir ouers wat hul kinders se groei en welstand wil bevorder.

Dissipline en grense

Op uitnodiging van HS JvR woon 'n groepie van ons laerskool- en Huppelland-ouers die motiveringspraatjie wat deur Johan Smith op Woensdagaand, 4 Junie, aangebied is, te HS JvR by. Motiverend was Johan Smith se woorde inderdaad: motivering aan ouers om dissipline op 'n positiewe manier met moed aan te pak.

Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.

Klik HIER vir advertensies van die week

facebook instagram 
Jy ontvang hierdie nuusbrief
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad