Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Liewe Ouers

Dagboek

Do 27 Augustus 2026

  • Wintersport Eindig
  • Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

Vr 28 Augustus 2026

  • Finkom Vergadering
  • Sivvies
  • Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal
  • Anika le Roux (Onderwyser) verjaar
  • Assessering: SW Aardrykskunde
  • Skaak: Interskole TUIS (o.9 , o.11 en o.13 span)

Sa 29 Augustus 2026

  • Rugby: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal
  • Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

Ma 31 Augustus 2026

  • GEEN SPORT

Di 1 September 2026

  • GEEN SPORT

Wo 2 September 2026

  • Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (NG Kerk Tamboerskloof)

Do 3 September 2026

  • Jannies vir Jesus
  • Wintersporttoer o.13B
  • Sanna Molepo (Terrein) Verjaar
  • Gr.7 Entrepreneursdag

Vr 4 September 2026

  • Tennis: o.13A Toernbooi by Courtrai
  • Loslitdag
  • Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad WEG (o.9, o.11 en o.13 span)

Sa 5 September 2026

  • Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)
  • SING. MOVE. PLAY. CONNECT

So 6 September 2026

  • Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)

Ma 7 September 2026

  • Somersport Begin
  • Tweedehandse Klereverkope

Di 8 September 2026

  • Dolinda (Nasorg) Verjaar
  • Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor
  • Koffie-en-Beskuit Konsert
  • Los alles en Lees

Do 10 September 2026

  • Somersport Eindig Tydelik
  • Jannies vir Jesus


>> SIEN DIE VOLLEDIGE KALENDER <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 07 Augustus 2026

Ek glo almal gaan die komende langnaweek terdeë geniet met ‘n lekker meevallertjie van ‘n vakansiedag op Maandag, 10 Augustus, as gevolg van Vrouedagvieringe op Sondag, 9 Augustus, asook met die All Blacks-rugbyspan wat die afgelope week in die Moederstad voorberei om vanaand teen die Stormers sake uit te spook. So gepraat van rugby, ons o.11A- & B-, asook die o.13A- & B-rugbyspanne, het die week die wonderlike geleentheid gehad om hul staal teen Bishops (Bishops Diocesan College) te toon. Hierdie is weereens 'n bewys dat rugby by ons skool die afgelope jaar so gegroei en ontwikkel het dat groter 'rugbyskole' bereid is om teen ons te speel en dus wonderlike blootstelling vir ons spelers en afrigters te bied.

Op Saterdag, 1 Augustus, het ons skool vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar ‘n baie suksesvolle mini-sportdag (o.7 - o.9 rugby & netbal) aangebied. Dit was ‘n groot voorreg om ‘n magdom leerders, ouers en afrigters op die dag te ontvang. Twaalf skole is op die dag geakkommodeer, met 940 spelers wat by die skool en Conradieveld deelgeneem het. Elke span het aan drie wedstryde deelgeneem. Weereens was die gewilde toernooi ‘n reuse sukses en selfs BRUL-JANt, ons gelukbringer, het die dag bygewoon om dit nog meer spesiaal vir die spelers te maak. Ek glo julle sal saamstem dat ons beslis nie vir ‘n beter dag kon vra nie, aangesien die weer perfek saamgespeel het met ‘n perfekte, sonnige dag waartydens ons ons skool met sy pragtige fasiliteite aan soveel besoekende leerders, onderwysers, afrigters en ouers ten toon kon stel. Aangesien die mini-sportdag by twee verskillende venues aangebied word, is puik beplanning en logistieke organisasie van kardinale belang. Die dag was suksesvol weens puik beplanning, veerkragtigheid en deeglike uitvoering! Baie geluk en baie dankie aan ons sportkantoor (mnre. Leon en Rashard) vir die puik reëlings, asook al ons personeel wat so hard gewerk het om die dag se sukses te verseker. Ek glo dat julle as ouers/voogde saam met ons as personeel en leerders baie trots op die puik aanbieding van die mini-sportdag is.
Op Vrydagaand, 31 Julie, het ons skool die jaarlikse en gewilde Bring-en-Raai-kompetisie in die saal aangebied. Die saal was vol gepak met spanne en almal het die samesyn van die gewilde sosiale aand terdeë geniet. Baie dankie aan MC du Toit (Gr. 5- en Gr. 2-ouer) wat weereens puik as seremoniemeester opgetree het. Baie geluk aan die wenspan, naamlik Quiz-Kombius, wat die aand met die louere weggestap het. Laaste, maar nie die minste nie, wil ek graag vir Pieter Rademeyer en die ouers van ons leerderraad hartlik bedank wat aan die stuur van die reëlings gestaan het. Pieter, ons het groot waardering vir al jou moeite in dié verband en ons weet hoe besig jy as skoolhoof is!

Augustus-maand word ook weer met Kultuuroptredes onder andere Eisteddfod geassosieer en vanaf 01 – 07 Augustus neem verskeie van ons leerders aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel, asook aan die JanArte Kunstefees vanaf 03 Augustus, wat deur Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied word. Ons kore het ook die afgelope week soos volg opgetree en het beslis weer die kollig gesteel:

Senior koor: Maandagaand, 03 Augustus, te Hoërskool Jan van Riebeeck tydens die Tafelberg Koorfees.
Junior koor: Dinsdagaand, 04 Augustus, te Reddam Constantia tydens die Reddam Junior Koorfees.

Die EXCO (skoolbestuur) het vanaf Sondag tot Dinsdag, 02 – 04 Augustus, hul jaarlikse strategiese beplanningsessie suksesvol afgelê. Hierdie sessie is uiters belangrik om seker te maak ons trotse skool is strategies op die regte pad om ons skool na nog hoër hoogtes saam met ons dinamiese Beheerraad te lei. Tydens die sessies word daar onder andere die volgende items bespreek en gefinaliseer:
  • 2027-kalender met buitemuurse programme (sportnaweke, toernooie, sporttoere, musiekkonserte, kooroptredes, skoolkampe, eksamen- en assesseringsdatums, funksies en sosiale geleenthede, ens.);
  • 2027-klasroosters;
  • 2027-werksindeling van personeel;
  • 2027-sportplan;
  • 2027-kultuurplan;
  • 2027-graad- en vakhoofde word bepaal;
  • Insette vir die 2027-konsepbegroting;
  • 2027-veiligheids- en sekuriteitsplan;
  • 2027-komitees word bepaal;
  • Hersiening van die 2024 – 2029 Strategiese Plan.
Graag wil ek spesiale melding van ons skaakspanne maak wat die naweek van 01 – 02 Augustus aan die Metro Sentraal Topskole-toernooi te Laerskool Surrey deelgeneem het en uitstekend gevaar het:
  • o.13 span behaal 'n vierde plek uit 140 skole.
  • o.11 span wen die kampioenbeker vir hul ouderdomsgroep.
  • o.9 span wen die kampioenbeker vir hul ouderdomsgroep.
Baie geluk aan die spelers, juf. Jua-Marié, asook ons afrigter, Remondo, wat puik werk met ons spelers doen. Ons wens hulle alle sterkte toe vir die WP Topskole-toernooi wat voorlê.
Ek glo dat almal die spesiale vakansiedag, naamlik Vrouedag, wat Sondag, 09 Augustus, plaasvind, saam met hul gesinne as ‘n langnaweek sal geniet. Hierdie meevallertjie is die enigste langnaweek wat vanjaar buite die skoolvakansies plaasvind. Hou ingedagte dat dit nie sommer net nog ‘n publieke vakansiedag is nie, maar ‘n baie spesiale dag waartydens ons die belangrike rol van vroue in ons samelewing moet vier. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om al ons wonderlike vroue in ons skoolgemeenskap hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel. Vrouedag moet gevier word om hulde te bring aan vroue wat groot bydraes tot vroueregte in Suid-Afrika gemaak het. Ek glo dat vroue die spreekwoordelike gom is wat gesinne en families bymekaar hou. Hulle vorm die pilare van ons gemeenskap terwyl hulle soveel rolle moet vertolk. Ons vergeet dikwels dat vroue ‘n onregverdige balans moet handhaaf tussen persoonlike ontwikkeling, kinders grootmaak, die huwelik en dan ook met ons as mans moet kompeteer om die korporatiewe leer te klim. Kom ons vier hierdie maand alle aspekte van vrouwees en bring hulde aan alle vroue, ongeag hul klas of ras. Maak dus gerus seker julle bederf die vroue in jul lewens!

Ek gaan die kwartaal weer voort om nog bekende Afrikaanse uitdrukkings/idiome en die betekenis daarvan met julle te deel in ‘n poging om ons pragtige taal verder te promoveer. Deel gerus met jou kind/ers:

“Soos ‘n vis op droë grond”

Die uitdrukking verwys na wanneer ‘n mens totaal magteloos voel of ontuis uit jou eie omgewing is.

Ek sluit dan week drie af en mag julle die lekker meevallertjie van ‘n gesellige langnaweek saam met jul gesinne en vriende geniet.

Groetnis

Naas Beets
SKOOLHOOF

Fondsinsameling vir ons Terreinwerkers

Dit is met gemengde gevoelens dat ons aankondig dat vier van ons geliefde terreinwerkers, aan die einde van die jaar, by ons skool klaarmaak. Christopher, Elliam, Matthews en Patrick gaan, wanneer die skool vir Desember-vakansie sluit, terugkeer huis toe. Hulle is almal al meer as 16 jaar lank by die skool en is in murg-en-been Jan van Riebeeckers. Hulle is vir ons ontsettend kosbaar en het daagliks gehelp om ons skool veilig en skoon te hou. Hulle was en is altyd bereid om die spreekwoordelike ekstra myl te loop om te verseker dat alles wat ons aanpak, hetsy dit akademiese verryking, kultuurgeleenthede, sportdae of sosiale funksies is, vlot verloop.

Hierdie vier terreinwerkers het hulself daagliks by die hartklop en ritme van ons skool ingeleef en het met toewyding die skoolgemeenskap gedien. Hulle is geliefd onder leerders, personeel, ouers en selfs mense wie om en naby die skool woon en werk. Ons is hulle oneindig dankbaar vir alles wat hulle vir die skool gedoen en beteken het. Ons gaan hulle baie mis.

Gedurende hulle tyd by die skool het hulle hard gewerk om hul families op verskeie maniere te ondersteun. Elkeen het al vir hulself 'n huis tuis gebou en maak vir 'n geruime tyd planne om te kan hervestig en herenig met hul families. Die tyd het nou aangebreek waar dit sin maak om die volgende stap te neem. Ons is saam met hulle opgewonde vir die nuwe hoofstuk in hul lewens en wens hulle almal voorspoed en sukses toe, maar is ook hartseer om hulle te verloor.

Die skool en Opvoedingstrust het reeds op verskeie maniere ingetree om hulle te ondersteun met hul hervestigingsplanne om sodoende hulle te verseker dat hulle in 'n beter posisie sal wees om 'n nuwe lewe tuis te bou. Ons wil hulle graag ondersteun sodat hulle kan voortbou op dit wat hulle reeds vermag het en help dat hulle en hul families tuis kan floreer.

Elkeen van hierdie vier manne het 'n besonderse bydra tot ons skool se sukses gelewer. Ons is hulle oneindig dankbaar en wil graag die geleentheid vir ons ouers gee om te help deur 'n bydrae tot hul hervestigingskostes te maak. Ons sal dus, vir die volgende drie maande, 'n spesiale fondsinsameling op Karri oopmaak sodat ouers vir wie die saak naby aan die hart lê, 'n geleentheid bied om 'n donasie te maak.

VIR AANDAG

Neem kennis van die volgende belangrike aankondigings en gebeure:

AKADEMIE

Studiekursus: Kwartaal 3

KULTUUR

Skoolkonsert: Kaartjieverkope nou oop!

Die wagtyd is verby! Kaartjies vir ons 2026-skoolkonsert is nou beskikbaar.

Ouers word aangemoedig om hul kaartjies vroegtydig te bespreek om teleurstelling te voorkom.

Skoolkonsert – 14, 15 en 16 September:
https://jvr.info/konsert2026

GALA-aand Skoolkonsert – 17 September:
https://jvr.info/konsertgal2026

Ons sien daarna uit om saam met ons Jannie-gemeenskap ’n onvergeetlike konsert te beleef! 🎭✨

JUNIOR KOOR: Kwartaal 3 Belangrike Datums

4 Augustus: Reddam Sings (Reddam Constantia) @ 18h00. Daar sal busvervoer en genoeg toesig wees. Leerders vertrek 16h00 met die bus na Reddam, en ons beveel sterk aan dat alle koorlede van busvervoer gebruik maak. Dit is altyd lekker vir die gees en luim van die groep!

2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebbeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LS JvR Skoolsaal) @ tbc

8 September: Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Laerskool Simon van der Stel) @ 16h00. Alle junior koorlede maak van busvervoer na Laerskool Simon van der Stel gebruik. Ouers is welkom om leerders na afloop van die Eisteddfod by Laerskool Simon van der Stel op te tel. Daar sal ook busvervoer terug skool toe wees na die optrede. Ons bevestig later die vertrektyd van die bus. Hou die Junior Koor WA-groep dop.

Teken hierdie belangrike datums asseblief aan. Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en ons wil graag met ’n volledige koor optree!

Hou die Junior Koor WA-groep dop vir meer inligting rakende die onderskeie konserte. Kontak gerus vir Juf Bea indien daar enige vrae is.

SENIOR KOOR: Kwartaal 3 Belangrike Datums 

3 Augustus: Tafelberg Koorfees (Hoërskool Jan van Riebeeck)

1) Tyd: 18h00
2) Koorlede arriveer reeds 16h00 vir die massa kooroefening en werkswinkel saam met Mnr Pieter Bezuidenhout.
3) Kaartjies is R50 per persoon - sien die skakel op die WA-groep.

16 Augustus: Tygerberg Children’s Choir: In Harmony (Kaapstadse Stadsaal)

1) Tyd: 15h00
2) Koorlede arriveer stiptelik om 12h30 by die stadsaal sodat hulle gereed is om 12h30 met die massa kooroefening en klanktoets te begin.
3) Kaartjieverkop is reeds oop en die skakel is op die koor WA-groep.

2 September: Koorkonsert saam met Jiřičiky Jeugkoor (Tsjeggië), Hoërskool Jan van Riebbeeck en Laerskool Jan van Riebeeck Junior en Senior kore (LJvR Skoolsaal)

1) Besonderhede oor hierdie konsert sal later bevestig word.

Teken hierdie belangrike datums aan, asseblief. Dit is opwindende geleenthede om na uit te sien, en dit is altyd lekker om met ’n volledige koor op te tree!

Hou die Senior Koor WA-groep dop vir meer inligting rakende die onderskeie konserte. Kontak gerus vir Juf Rolene indien daar enige vrae is.

Orff en Kodály Werkswinkels by Laerskool Jan van Riebeeck

LsJvR bied Orff en Kodály Werkswinkels vir enige belangstellende musiek- en klasonderwysers aan! Kom woon dit gerus by!

Kontak vir Juf. Rolene vir meer inligting.

ALGEMEEN

Kennisgewing: Skool verdaag vroeër

Neem asseblief kennis van die onderstaande dae waarop die skool gedurende hierdie kwartaal weens sportverpligtinge vroeër sal verdaag. Daar sal steeds toesig beskikbaar wees vir leerders wat nie vroeër huis toe kan gaan nie. Nasorg sal gewone tyd plaasvind.
 
Vrydag, 14 Augustus, verdaag om 12:15 (o.7-o.9) en 13:00 (o.10-o.13) - hokkie vs Dirkie Uys
Dinsdag, 18 Augustus, verdaag om 13:00 (o.7-o.9) en 13:30 (o.10-o.13) - Hokkie te Durbanville Curro (hokkie wat vanaf kw. 2 uitgestel is)
Vrydag, 28 Augustus, verdaag 12:00 (Interskole vs LS Welgemoed)
 

Baie dankie vir die samewerking en ondersteuning in die verband.

Die Suidooster: Bly op hoogte van alles wat by die skool gebeur!

Ons skool se kreatiewe platforms het onlangs bietjie verander. In die verlede het ons elke kwartaal 'n gedrukte koerant uitgegee en ons foto's op Die Kiek gedeel. Nou is alles op een plek!

Die Suidooster is ons skoolblog waar ons gereeld foto's, video's en artikels plaas wat 'n samevatting gee van alles wat by die skool gebeur. Behalwe nuus vanuit die skool, kry leerders ook die geleentheid om hul eie artikels te skryf en te deel. Só kan jy maklik op hoogte bly van die nuutste nuus, prestasies en gebeure.

👉 Kliek hier om Die Suidooster te besoek:
Die Suidooster – Ls Jan van Riebeeck

Kwartaal 3: Welwillendheid

Hierdie kwartaal is ons fokus om diere te help!

Wat: Bring kat- en hondekos skool toe.
Wanneer: 28 Julie - 7 September 2026
Waar: By jou registerklas

Trofees terugbring

Ons is tans besig om al die trofees wat die leerders verlede jaar tydens die prysuitdeling ontvang het, te dokumenteer. Indien u kind verlede jaar ’n trofee ontvang het, stuur dit asseblief na die Mediasentrum, aan Juffrou Marecia van Zyl.

Baie dankie vir u hulp hiermee.

Groete,
Juffrou Marecia

Boekverkope - 19 & 20 Augustus 2026

Exclusive Books bring hul boekverkope na ons skool op
19 en 20 Augustus!

✨ Boeke beskikbaar vanaf slegs R50 – daar is iets vir elke jong leser.

Moenie hierdie geleentheid misloop om jou boekrak uit te brei en 'n nuwe gunstelingboek te ontdek nie.

🗓️ Teken 19 en 20 Augustus nou op jou kalender aan!

Doughnutverkope: Bestel nou!

Ons Graad 7-leerders hou ’n heerlike doughnutfondsinsameling om hul projekte en aktiwiteite te ondersteun. Doughnuts is beskikbaar teen slegs R15 elk en word Vrydae vars afgelewer.

Ondersteun gerus ons Graad 7’s.

BASJAN Ondersteunerskussing op UITVERKOPING!

Moenie die geleentheid misloop nie! Kry jou BASJAN Ondersteunerskussing nou teen die spesiale uitverkopingsprys van slegs R220.

Perfek vir die pawiljoen, sportveld of enige plek waar jy ons Jannies kom ondersteun.

💙 Slegs R220
🏉 Koop nou voor die naweek se groot sport!
⚠️ Beperkte voorraad beskikbaar – wees vinnig!

🛒 BESTEL HIER

TERUGVOER

Die jongste sportuitslae, toekennings, prestasies en ander resultate:

JANNIES VAN DIE WEEK

SPORT

SPORTJANNIES VAN DIE WEEK

Skaak: Topskole uitdunne

Die o.9, o.11 en o.13 spanne het die afgelope naweek te Laerskool Surrey aan die Skaak Topskole uitdunne deelgeneem.

Die o.9 en o.11 spanne het goue medaljes en kampioenbekers verwerf. Hulle gaan deur na die volgende rondte waar die beste span van elke streek kompeteer. Die o.13 span het 'n 4de plek behaal uit die 140 skole in die groep wat die geleentheid kry om aan Topskole deel te neem. Die volgende rondte is waar die streke kompeteer.

Dit was ook fantasties om te sien hoe die Hoërskoolspelers ons leerders kom bemoedig en saam met hulle skaak speel. Jan Karsten het geblinddoek teen Daniel Lawson gespeel, wat regtig indrukwekkend was om te aanskou!

Hokkie-uitslae van 31 Julie 2026

Hier volg die week se hokkie-uitslae:

Netbaluitslae van 01 Augustus 2026

Hier volg die week se netbaluitslae:

Rugbyuitslae van 01 Augustus 2026

Hier volg die week se rugbyuitslae:

KULTUUR

JanArte Eisteddfod: Visuele Kunste

Baie geluk aan die volgende leerders met hulle uitstekende uitslae by Hoërskool Jan van Riebeeck se kunstefees.

Graad 1-3
  • Eben Janse van Rensburg — DIP (Diploma)
  • Lina Munday — DIP (Diploma)
  • Minkie Rosslee — G (Goud)
Graad 4-5
  • Elisa van den Berg — DIP, G+ (Goud Plus)
  • Hanna Louw — G (Goud)
  • Henry Jordaan — G (Goud)
  • Kitty Partner — G+ (Goud Plus)
  • Louis Hofmeyer — DIP (Diploma)
  • Neill Ferreira — DIP (Diploma)
  • Sienna Kruger — G (Goud)
Graad 6-7
  • Anna Rabie — G+ (Goud Plus)
  • Anya Martiz — DIP (Diploma)
  • Ben Ward — G (Goud)
  • Cato Terblanche — G (Goud)
  • Chris Hoffman — G (Goud)
  • Coreen Scholtz — G (Goud)
  • Coreen Scholtz — G+ (Goud Plus)
  • Dane Walker — DIP (Diploma)
  • Ella van der Walt — G (Goud)
  • Ghia Pereira — S (Silwer)
  • Heleen de Kock — S (Silwer)
  • Jamie Jordaan — G+ (Goud Plus)
  • Jamie Jordaan — G+ (Goud Plus)
  • Jana Nel — S (Silwer)
  • Karl von Lieres — G (Goud)
  • Karla Louw — G (Goud)
  • Klara Jansen van Vuuren — S (Silwer)
  • Mia Loubscher — S (Silwer)
  • Mila Malan — G+ (Goud Plus)
  • Morgan Smit — G (Goud)
  • Nina Burger — S (Silwer)
  • Nina Ferreira — G (Goud)
  • Peet Swart — S (Silwer)
  • Peter More — G (Goud)
  • Peter More — S (Silwer)
  • Quinn du Toit — S (Silwer)
  • Sophia Jooste — S (Silwer)
Opsomming
  • DIP (Diploma): 7
  • G+ (Goud Plus): 7
  • G (Goud): 16
  • S (Silwer): 8

AKADEMIE

SAMF Wiskunde-olimpiade

Baie geluk aan die volgende leerders wat sertifikate ontvang vir die tweede rondte van SAMF Wiskunde-olimpiade (AMESA)! Leerders sal hul sertifikate ontvang sodra die skool dit ontvang.

Baie geluk aan Jamie Jordaan en Reuben Janse van Rensburg, in graad 7, wat kwalifiseer om 10 September aan die finale rondte deel te neem. Meer inligting sal nader aan die tyd gedeel word.

Ons is baie trots op hierdie leerders! 😊

Gr.4
Alexander Styan - Silver
Anya Greef - Brons
Wrench Silvis - Brons

Gr.5
Nina Ferreira - Brons
Henry Jordaan - Brons
Jasper Wolff - Brons
Luc Durand - Brons

Gr.6
Antjie Samuel - Silver
Lukas Venter - Silver
Dirk de Jager - Brons
Stef Nel - Brons
Jacob Venter - Brons

Gr.7
Jamie Jordaan - Goud
Reuben Janse Van Rensburg - Goud
Chris Derksen - Silver
Ella van der Walt - Brons
Anya Maritz - Brons
Volg Die Suidooster vir al die nuutste artikels, foto's en video's.

Klik HIER vir advertensies van die week

facebook instagram 
Jy ontvang hierdie nuusbrief
omdat jy 'n ouer of ondersteuner van Laerskool Jan van Riebeeck is.
Laerskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad
Email Marketing Powered by MailPoet